file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #12849 by Dassie
More almal.

Ek voel sommer vandag weer depressief. Daar is so baie familie en vriende van my wat babas gehad het die afgelope paar maande. En nou dink ek wat as hulle weer swanger word????? :dry: Dan trek hulle al by hulle tweede baba's en ek sukkel nog vir my eerste een. Kinders is 'n seëning en ek dink almal moet klomp kinders hê en ek sal altyd bly wees vir wie ook al weer swanger word. Ek is net bang ek word nooit swanger nie. :(

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12821 by Ansa_S
More julle almal,

Hoop jul het 'n wonderlike aand gehad, ek het heeeeerlik geslaap!

O ja ek het so pas uitgevind die twee wedstryde wat ek moet umpire vandag is direk namekaar!!! Ek hoop hul het 'n ambulans langs die kant want ek gaan daarna gedaan en op wees! :blink:

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12817 by Morgan
hello julle

eks darm vandag vroeg aan die gang! DH het my gister middag bietjie bederf, het vir carli klere gan koop en toe koop ons als wat ek nodig het vir my hospitaal sak, so ek kan hom al begin pak, kort nog net linen savers.

Hexy hoop rerig julle kry weer so goeie dagmoeder, dit gan seker n moeilike job wees!

G ek weet darm nog eks ver van baba aflaai, sy le nog nie eers reg nie! hoop boetie bly binne tot 38weke! jou tyd raak min om n naam te kry!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12814 by sexy~hexy
More almal

Sjoe, wat 'n aand was dit nie. Drie uur vanoggend toe word ons wakker van donderweer, reen, wind en hael! So het dit aangegaan tot so voor opstaantyd vanoggend. Wolke le nog blou hier om ons, maar die sonnetjie skyn darem so bietjie. Jip, en klere op die draad het papsopnat gereen :angry: Kom daarvan as ek 'n man vra om vroeg wasgoed te was, en hy kuier by sy pel. So hy weet hoe ek voel, hy sal vandag gaan hoor wat kos 'n tuimeldroer.

Ai julle, Jayden se dagmoeder het vanoggend vir my gese daar is 'n groot moontlikheid dat sy Maandag 'n maand kennis gaan gee, want haar man het 'n werksaanbod gekry. Die tannie ken vir DH al van sy kinderdae af, en sy is soooo goed met die kinders wat by haar is, sy doen so baie moeite. Elke kind kry met sy/haar verjaarsdag 'n partytjie, sy het Desember vir die mammas 'n kerspartytjie gegee. Regtig, sy is 'n juweel van 'n mens. So my hart is baie seer vanoggend :( :( :( Ek gun dit vir hulle, haar man kry 'n goeie werksaanbod, maar waar gaan ek weer 'n goeie dagmoeder kry? Hulle is maar min gesaai in die klein dorpie van ons. Maar ek weet, als sal gebeur soos wat dit moet, en ek sal wag om te hoor, want dalk realiseer dit nie eers nie.

Moes dit nou net met julle deel. Hoop julle het 'n lekker daggie verder.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12810 by G Baby
Vandag 32 weke

More more,ek pop net vinnig in om te s? julle moet heerlike vrydag h?. EK gaan vaoggend mia wees,vat kids skool toe en tussen deur gou dr toe,ek weet nou nie meer watse medisyne om te gee nie-hulle hoes ons uit die huis uit...

Hallo VB en Ella-lanklaas met julle gechat.
EK het nie nuus nie,maag groei lat dit bars en hoop en bid die ou kleintjie byt vas hier binne tot ten minste 38 weke.

Tata julle,lekker chat en werk! :kiss:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12724 by ella~bella
Hallo al julle mooi mense!
Sjoe ek was nou omtrent vir 'n bitter lang tyd nie online nie...
Wat het ek als gemis?
Julle sal my so vinnig moet update!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #12714 by VB2010
en hier kom ek uiteindelik aan die einde van 444 post!! :woohoo:

ek het nou alles opgevang maar kan nie die helfde onthou nie LOL

Geen nuus die kant, was van maandag af internetloos en ons landlyn was ook morsdood, telkom was darem vandag hier om te kyk

Ansa hou vir jou duime!
Paisley dink baie aan jou!
skapie BAIE geluk met die 12weke merk dame!
strikkie hoop jy vat daai laaaang bubble bath vanaand!
GBaby dankie vir die preseed tip! en sterkte vir jou vriendin
Karin dis vreeslik van daai dogtertjie jong, hoop daai boewe rot in hell!

Ek dink dis GBaby, dan Nelria dan Morgan

En nou kan ek nie die res van die dinge onthou wat ek wou post nie

AFM - wou gister/vandag bel om te hoor wanneer ek vir daai elle lys bloedtoetse moet gaan, maar sal dit more doen, het uitgewerk die HSG gaan die 13de of 14de Mei wees, sal hulle ook bel om die afspraak more te maak

Lekker aand julle en kyk mooi na julself :kiss:

File Attachment:

File Attachment:

TTC 1ste LO vanaf 2006
1ste Rondte Fertomed 10 Mei (50mg)
2de Rondte Fertomed 11 Junie (100mg)
3de Rondte Fertomed 13 Julie (100mg)
Bloed Toetse 13 Mei
HSG Toets 14 Mei
Taking a break....

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account