file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #10189 by Tienka
More julle, ek is ook hier, ek vlug van die huis af weg want die dak lek, my seuntjie se kamer is onder water en die gang, hoop iemand kan ten minste kom kyk daarna vandag.

Ansa, baie sterkte jong, ek hoop af bly weg!!

Ek is nou moeg vir die nat weer, gee glad nie om vir die koue nie. Het 'n besige naweek gehad so wil vandag rus :laugh:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10183 by Kriek
Hehe Anje, julle sal gou my nuwe naam gewoond raak.
Dink Loftus is altyd lekker, maak nie saak hoe die weer is nie, ek was nog net een keer daar, n paar jaar terug toe die Bokke teen Wallis gespeel het, maar man was dit nou n jol, nog in my single dae, ek en n vriendin van Bloemfontein af gery PTA toe.
Sterkte met jou besige week Anje

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10178 by Ansa_S
Goeie more almal

Hoop jul het almal 'n heerlike naweek gehad. Myne was regtig lekker en rustig!

AF nog nie opgedaag nie :dry: het vanoggend 'n tuistoetsie gedoen maar dit was 'n BFN :huh:

So lyk my dis ek en clomid vir die maand wat kom. Sal maar later vir dokter bel en vra wat is die volgende stap as af eeendag besluit om op te daag!

Glad nie hartseer nie, weet my beurt sal kom!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10145 by Lia
Wow G, jy moet maar knyp, baba se tyd is darem lekker naby al.

Ek moes nou mooi dink wie kriek is, maar ek weet nou....hehe.

Ja, ek wonder of Charlaine al getoets het.

Ons het Saterdag Rugby gaan kyk op Loftus, alhoewel ek moes leer, dit was vrek koud, maar baie lekker.

Ek het 'n lekker besige week. Ek moet my werksopdrag klaar maak, my spaar kamer reg kry vir my vriendin en haar man wat Donderdag tot Sondag by ons kuier, Vrydag gaan ons na die Jacaranda kunstefees of so iets toe en Saterdag Thabazimbi Wildsfees. Mmmm, weet nie waar ek die leerderyook gaan in pas nie.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10141 by Goggatjies
Ek is ook hier vandag, nie dat ek lus is nie
Gelukkig nie te veel werk nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10138 by Kriek
Ek gaan nou maar so bietjie begin werk, dalk gaan die dag vinniger om, praat later weer met julle, lekker dag vir julle almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10133 by Kriek
G, ek dink ons wil vandag almal eerder by die huis wees, maar gelukkig is more vakansiedag. Maak jy my nou lus vir n cuppichino.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account