Hallo julle almal. Ek is maar lekker besig vandag, kom net gou hallo se. Ek het net weer hier en daar iets gesien so nie eers alles opgevang nie.
M2M, dis wonderlik as jou seuntjie self besluit het hy wil nie met sy doek aanslaap nie, dit wys jou dan net hy is reg, jy sal dalk so gou as moontlik hom van die drinkgoed moet afkry deur die aand. Ek sorg net dat my seuntjie na 6 niks meer drink nie en dan maar gaan piepie voor hy gaan slaap, hy kry maar nog sy glipsies, maar ek dink dit is maar normaal dat dit gaan gebeur. Divan het op 3jaar en 7 maande besluit hy wil nie meer doek dra nie, en n week later toe is hy af van die aand doek. Ek het ook n waterproof matress protector op, by Mr Price gekoop vir R160, jy kan hom in die wasmasjien en tuimeldroer gooi. Die sticker storie werk ook, dis hoe Divan van sy dag doek af is, vir elke keer wat hy self gaan piepie het kon hy n sterretjie plak en vir elke poo kon hy 2 plak, en as hy 3 sterretjies gehad het, dan het hy n sweetie gekry.