Hallo julle,het so bietjie probeer opvang...
Morgs jou fotos is regtig pragtig,dankie dat jy opgesit het-hoe gaan met carli?
nelria-hoe gaan met Xen en sussa?
Cornel-bly als is ok,het gedink daai is net implantation bleeding,ek het dit ook gehad met die swangerskap. Maar mens skrik maar nogsteeds.
VB-arme mense,ka nie glo mens kan so gemeen wees nie.
Tienka-min dae vir jou oor,kan nie glo jy is al 37 weke nie,ek hoop jy kan ook so bietjie afslag kry soos ek...
Ansa- hou duim vas dat die jou maand ook sal wees!
net vir interesantheid,my gine s? dag wat jy die swaarste vloei is dag 2 van jou siklus.
Hallo driekie-sterkte met Dh wat siek is.
Gaan goed by my,De Nys het gisteraand 10 uur gedrink en toe geslaap tot 4uur vaoggend,vinnig gedrink en weer geslaap tot 7 uur. sover kan ek nie kla nie,winde kom maklik uit en hy slaap goed.
My een bors en tepel so bietjie seer vandag,die mannetjie suig omtrent sterk. ek sit maar bietjie bepanthen en lansinoh op.
Ek gaan nou die nuwe hyandai kombi test drive-ons x-trail is regtig te klein vir 3 karstoeltjies agter in. Hopelik ry die kar lekker vir my man ook,sal so help want met die drie stoeltjies agter in,is daar regtig net mooi plek vir niks.
Hou duim vas!!!
Koud vandag hier,darem is kids gesond.