More more!
My lewe is HECTIC tans en vat skaars grond. Hoop dit gaan goed met almal!
Nelria - BAIE BAIE geluk met die geboorte van Xen! Ek het ook 'n keiser gehad en weet dit is aaklig en vrek seer! Weereens baie geluk!!
G-Baby - Jou pics is pragtig! Ek het soos 'n olifant tydens my swangerskap gelyk en jy lyk stunning stunning stunning!
Morgan - Amper vir jou!
Marie R - Hoop jy voel beter. Baie mammas kry die maagding in hul swangerskap. Ek het weer bronchitis gekry. Ek dink dit is omdat baba alles van mens vat. Sterkte!
Ella-Bella - Ons het 'n 11 weke worsie by die huis en geniet haar vreeslik - dis nou wanneer sy nie alles probeer eet en byt nie. Maar dis lekker om so 'n nuwe hondjie te hê (ons het nou 5 honde).
Hoe gaan dit verder met die res van die dames? Wie toets die week? Ek kan Vrydag toets en dink dit gaan 'n lang week wees. Ek het 'n effense tinkle in my borste maar dis al.
Lekker dag en week vir almal. Ek sal later weer probeer inloer!