More julle almal,
Jammer ek is so MIA, maar was gister saam my moeder Pretoria toe het my sus se seuntjie gaan haal om bietjie by ouma te kom kuier, hy is nou 5.
AF het toe SPONTAAN opgedaag, woensdag middag!!!!! Is so dankbaar dat dit normaal terug gekeer het en die wonderlikste van als is dat ek niks pyne eers het nie behalwe die boobs wat seer is!!!!!!!
Gaan later gou vir Dr Roodt bel, want hy het gese as my progrestoroon telling reg is en AF normaal terug is, hoef ek GEEEEEENNNNN medikasie te gebruik nie jippeeeee!
So ek sal net by hom hoor! Wil in elk geval die maand bietjie my self reg orienteer en glad nie dink of wonder oor swangerskap nie, en geen medikasie drink nie. As dokter se ek moet weer clomid drink sal ek vir hom vra of ek eers bietjie die maand dit kan los!
Het 'n ongelooflike onbeskryflike rustigheid in my dat ek wel sal mamma word wanner dit GOd se tyd is vir my.
Manlief se ek het in elke geval al 2 kere sonder enige pille of inspuitings swanger geraak en nou dat ek iets gebruik gebeur daar niks!