hi almal. jammer ek is so stil. is maar aan die gang. gaan goed die kant, trek al more op 15 weke. Ek het laaste paar dae net erg hoofpyne. maar dit is maar spanningshoofpyne, is alles in my nek. dit is maar so van voor die rekenaar ook sit.
jissie asheligh, jy het omtrent lekker baie scans. Ek gaan eers weer die 11de junie, maar voor mens jou oë uitvee is dit daar.
ek het toe die mooiste truie gekry by Fasion Express. het net 'n size groter gekoop, so daar is meer as genoeg rekplek vir my maag, en dit is langerige truie. vir baie goedkoop. sommer my klere waarin ek nie pas nie, weggepak, so nou lyk my kas ook beter.
ek het nou nie almal se posts gelees nie.
Waar staan ons nou met geslagte? Anina - is dit deffintief 'n dogtertjie? of vermoed hulle?
Jissie, ek droom gisteraand die gynae bel my en sê dit is 'n seuntjie, en toe ek weer 3 weke later gaan, toe is dit eintlik 'n dogtertjie. het nie gegaan oor die geslagte nie, maar die feit dat dit verkeerd was, want toe het ons sommer klaar name en alles gekies...he..he