file November 2010 Mammas

15 years 2 months ago #198772 by Lelie
Replied by Lelie on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle.

Hoe gaan dit nog met julle almal. Hier by my is dit baie bedrywig. Henk seil die wereld vol op my maag, het al 2 tande die boonste 2 begin ook pla. Hy is baie hiperaktief en praat sy baba taal geduurig.

Ek het gister n tuis swangerskap gedoen en dit was positief, so ja nr 2 is oppad, het uitgewerk hy/sy sal so einde maart begin april kom.

Lekker dag vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160826 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Sjoe julle wat 'n lekker dag.
Gabby is net so 'n droom kind sy slaap al deur van dat sy 'n maand oud is wat great is ons moet nog werk aan daai omrol.
Sy het so 'n oulike Winnie the Pooh mobile op haar kot en sy chat elke oggend met hom.
Sy groei uitstekend weeg al 6.5kg
Dit is so 'n blessing om 'n mamma te wees.
Julle moet 'n lekker daggie hê hoop om van julle almal weer te hoor.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160470 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle!! Ek het gedink ek hoor nooit weer van julle nie!

Bly julle is terug. Ons moet bietjie die groepie weer aan die lewe kry.

Claudia is nogsteeds 'n droom baba. Sy slaap goed, eet goed (ek het laas week begin met solids want sy was HONGER!!) en drink goed.

Sy is baie sterk en rol al van 3 weke af om van haar maag af na haar rug toe, en nou ook van haar rug af tot op haar maag. Sy is 'n woelige dingetjie, ek kan haar nerens neersit behalwe op die vloer nie, want sy move! Sy het ook gister haar voete ontdek en speel nou heeldag met hulle.

Van gisteraand af slaap sy in haar eie kot saam met boetie in hulle vissie kamer. Sy het gisteraand so 2 uur wakker geword vir 'n voeding en van daar af weer in haar wiegie geslaap langs my bed want ek was te lui om haar weer na hulle kamer toe te vat. Maar ons sal kyk of sy dalk vannag die heel nag in hulle kamer slaap. Dis nogal lekker om weer ons kamer vir onsself te he.

Ek hoop ons sien weer binnekort al die ou gesigte hier!

Hoop dit gaan goed met julle almal en dat die ou bloedjies almal soet slaap vannaand.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #160460 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Hallo November Mammas ek is soo jammer ek het verdwyn my foon is gesteel in December en toe moet ons 2maande wag vir ons telkom lyn.
Gabby is baie oulik en ek geniet haar vreeslik baie het julle verskriklik gemis.
Belowe om weer baie te kom hallo se

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #159501 by Lelie
Replied by Lelie on topic Re: November 2010 Mammas
Hi almal. Hoe gaan dit met julle en die klein asjassies?

Met my en Henk gaan dit goed, hy slaap deur vanaf 10uur tot so 6/7 uur die volgende oggend.

Hy is al besig om tande te kry, en sy nekkie het nie meer ondersteunig nodig nie. Hy lag ook vreeslik baie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141446 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle,

Dit lyk my ons groepie dreig om dood te loop.

Dit gaan goed met ons, my seuntjie is darem nie meer so erg moeilik soos aan die begin nie. En Claudia is 'n droom baba! Sy slaap goed, drink so 2 keer deur die nag en raak gewoonlik direk weer aan die slaap.

Sy het ook nie 'n koliek uur soos wat Stefan altyd gehad het nie, so dit maak dinge baie makliker.

Skapie, eks bly dit gaan goed met julle, en geluk op die eerste 6 weke! Maar ek moet vir jou se, die 12 weke mylpaal is nog beter. Dan verdwyn daai koliek uurtjie en hulle begin so lekker interact.

Hoe gaan dit met al die ander mammas?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 9 months ago #141364 by skapie
Replied by skapie on topic Re: November 2010 Mammas
Hi almal

Sjoe, lyk my vandat ons mammas is kry niemand meer kans nie.

Sjoe is ek bly die eerste 6 weke is verby, dit is soos 'n berg van 'n mens se skouers af, sy is rerig 'n droom baba, maar ek begin nou eers bietjie confident voel om bietjie uit te gan ens. was al 'n paar keer uit met haar, maar dan is ek so gestel op wanneer sy moet dirnk en of ons betyds by die huis gaan wees, dat ek nie die outing geniet nie.

Ek borsvoed, maar is half lus om op te hou....dit is priceless, as daai ogies vir 'n mens kyk as sy drink, maar ek het so baie melk, ek lek konstant, en as ek haar voed, stroom dit uit, dat sy eintlik verstik. ek het 'n blik nan hier, dit maak haar hardlywig, so is nog in 2 minds daaroor. ek gebruik dit net as backup. Was nou die dag b y 'n troue, sy het by ouma gebly, toe kon ek nie wag om weer huis toe te gaan om haar te gaan optel nie. het express.

Ek sukkel net met haar tussen 7pm en 20:30. sy fight daai tyd teen die slaap, ek dink dit is oor dit nog so lig is. die kind is doodmoeg, maar wil niks weet nie. het ook baie erg met winde gesukkel, en ek check alles wat ek eet. maar dit is deffinitief nou beter.

was bietjie depro vir een dag laas week, soos sy skreeu, so staan en huil ek terwyl ek haar sus. my man het 'n nuwe werk begin en sy ure is verskriklik lank, en dan werk hy partykeer nagskof ook. ek glo darem dit sal nie te lank aanhou nie.

verder gaan dit baie goed. sy slaap goed in die nag. partykeer sy slaap gewoonlik vas van 8pm tot 1am, dan voed ek haar, burb haar, sit haar terug, dan slaap sy weer tot so 5am. voed haar weer, en dan sit ek haar sommer in die bed, dan slaap ons tot so 7:30 toe.

aan die begin het sy altyd 'bn halfuur aan my gedrink. maar nou is sy al vinnig. so 10/15 minute dan is sy happy.

as ek nie weer kom praat nie, geseende kersfees vir almal. ek sukkel om foto van haar op te laai.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account