Hi julle almal,
Ja nee Anina, jy kan nie wil afslag hê terwyl ek en Gerne nog wag nie!

Maar teen die 30e klink vir my ook goed, ek't nou al vrede gemaak met 41 weke, maar 42 weke maak my bietjie senuweeagtig... En ons is immers die Oktober moomies!
Nie gister internal gehad nie Gerne, maar Ilse het nog verder gesak van laasweek af (nou 2/5 engaged) so dit klink belowend. Sal Vrydag inwendig en s&s doen as nodig. Oorweeg jy die induksie vir Vrydag? As ek reg onthou het jy mos met Henko ook induksie gehad?
Anina, ek sien daai Scissor hands salon waarvan jy nou die dag gepraat het is sommer naby aan my - wat vra sy vir 'n gewone cut&blow?
Vriendin het my van Dr. Jack Newman se breastfeeding website vertel, het sommer gou daar gaan loer oor die sproei en hy't wraggies 'n hele candida protokol (
www.nbci.ca/index.php?option=com_content...nformation&Itemid=17). Heleen, ek pm vir jou ook die link vir ingeval jy hierdie post mis. Daar's nogal oulike videos ook op die website oor latching ens.
Elise, geniet daai pakkie, dit klink belowend.
Christa, jy stel dit so mooi oor die hegter band wat baba vorm tussen man&vrou, mag Mare julle huwelik in elke opsig aanvul!
Geniet al daai ou babalyfies mammas!