file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #123637 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, daai magie vat so 6 weke om beter te word, dan moet jy maar begin oefen om die gewiggies af te skud. Sterkte. En geniet jou rustige dag!

Elise, ek dink nog nie eers aan vannaand se ete nie! Ons het gisteraand boelie bief geeet. Dit was so lekker. En daar het bietjie oorgebly so hier sit nou 'n bakkie daarvan op my lessenaar vir my en loer. Ek dink nie ek gaan meer lank kan wag voor ek dit verorber nie...

Ek hoop nie daai dogtertjie van jou raak siek nie. Jy moet maar bietjie jou eie weerstand boost met vitamines en stuff. Sy kry dan gelukkig alles deur jou borsmelk in. So dit behoort te help. Sterkte.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123626 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Shamepies Gerne, hoop daai emsosies gaan weg! Ek sou presoes soos jy gevoel het as my man verwag het ek moet kook! Maar soos Christa se, mans dink mos maar anders as ons!

Ek is so bly dit het bietjie gereen gisteraand en dis lekker bewolk vandag. Gaan vandag absoluut niks doen nie...my stiefsus gaan dalk later 'n draai maak!

Ek voed ook maar op demand...Riley raak in elk geval so elke 3, 4 of 5 ure honger, so ek gaan maar met die flow..as sy vroeer honger is, dan gee ek maar, maar as sy langer slaap, dan maak ek haar nie wakker nie!

Christa, het jy toe by Makro uitgekom? Mensig, ek was verbaas oor hoeveel goedkoper die Nan melk daar is :woohoo: Het 2 blikke gekoop, maar sal later sommer baie meer koop!

Janine, jou magie en lyfie is te pragtig!! Let wel ek se magie en lyfie , want jy is so petite en klein girl, kyk hoe klein is jou magie!!


Julle , ek het nou nie juis baie gwig verloor na die geboorte nie, het maar net so 4-5kg afgskud, en dis seker die baba se gewig, die plasenta en vrugwater?? Gaan ek nog water en dinge verloor?? My maag is ook nog lekker rond, maar my ma se dit gaan tyd vat vir alles om terug te keer. So wat ek eintlik wil se, ek is nou seriously oorgwig, flabby op my maag, vol rekmerke en my maternity klere pas my nogsteeds net so goed :dry:

Nie date k kla nie, dit was alles die moeite werd...dis net dat ek nou so 11 kilo's het om af te skud, en lyk my dit gaan nie vanself gebeur nie.... ;)

Gerne, ek gaan vir jou foto'tjie mail van Riley, as jy net kan post vir my sodat almal haar kan sien.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123613 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
more julle

jammer ek was so stil gister s lyk my wil nou verkoue kry so ek het bietjie gesukkel met haar sy was bietjie lastig maar lyk my sy is beter vandag

christa bly dit gaan goed met jou en m. daai kuiertjie klink vir my lekker dit sal lekker wees om almal te ontmoet en die babas te sien

wel ek gaan nie te veel kan klets nou nie s is weer wakker sy wil nie slaap nie en as ek haar te lank los raak sy so moeg dat sy nie wil slaap nie dan moet ek haar sus tot sy slaap en haar n rukkie vas hou tot sy vas slaap

julle sorry vir tmi maar my boobs lyk soos n size ff's op die staduim hulle is huge en baie swaar

wat is op julle menus vanaand ek is uit idees uit en weet nie wat om te maak nie enige voorstelle?

lekker daggie vir julle

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123601 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Tweede laaste daggie vir my by die werk!

Petro, jou man klink baie oulik. En jy is goed om so te kan borsvoed en moomie op dieselfde tyd. Ek het ook altyd gesit en chat op pampers of fb terwyl ek borsvoed. Maar nie so in die vroee oggend ure nie, dan het ek sommer in die bed gele en voed sodat ek bietjie ekstra slaap kan inkry.

Lol vir jou skedule Christa. Hulle hou nooit by jou skedule nie, ons moet maar by hulle aanpas as ons hulle gelukkig wil hou.

Gerne, ek hoop jy voel beter vanoggend. Jy is seker maar bietjie emosioneel uitgeput van 40 weke se swangerskap wat nou nie wil ophou nie. Dit sal my ook tap. Maar een van die dae is dit verby. Ten minste weet jy verseker dat 42 weke die ultimate max sal wees, so maak nie saak wat nie, jy gaan defnitief binne 2 weke daai seuntjie in jou arms he. En twee weke is nie regtig so lank as jy dit met die afgelope 40 weke vergelyk nie! Sterkte!!!

Lekker dag vir almal! Ek hoop ons hoor bietjie van al die res van die mammas vandag! En mag ons goeie nuus van Janine af kry!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123579 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More dames

Petro jy kan multitask ne!!! Moet by j gaan leer! Bly hy drink weer beter en lekker vir al die familie wat afkom! Ja nou kan jy lekker brag ne - trotse mamma!
Jou man is n engel hoor.

Christa hoop jy is reg :) jy is gelukkig dat M so goed drink hoor, henko het gewoonlik n uur aan sy tiet gedrink en moes hom heeltyd wakker maak.

Hy het nou net hier ingesluip, flip ekt my boeglam geskrik vir hom LOL. Ek het gisteraand eers na 12 aan die slaap geraak en was 2 uur en 4uur wakker, nou 5uur en kan nie verder slaap nie.

Anina, as hier rooiwyn in die huis was sou ek def n glas vir die gemoed gevat het ;)

Lekker daggie al die mammas

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123578 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
N goeie more vanuit my borsvoed hoekie !!!

Dis darem maar wonderlik dat daar iets soos moomie is !!! Wat anders sou ek half 3 elke oggend gedoen het ! Ek sien sommer uit na oostaan in d middel v d nag !!! Dan kan ek lekker opvang met al d posts !!!

Boeta was gister biki moelik, wou nie lkr by my drink en wou ook nie slaap !! Ek gedink hy gaan vanaand in d nag moeilik wees, maar darem is hy weer stroopsoet !!

Die fam kom vrydag kuier, sien baie uit om my dierbare seuntjie vir almal te wys !! My ma hul kom deur v natal, my sus en haar 7 maande baba vlieg op v d kaap, en my broer ry ook op van bloemfontein !!! So n lekker huis vol mense en almal wat kan rondhelp !!! Ek glo my skoonouers sal iewers in vlgw week kom !!!

ek en manlief wou mos eers n paar dae alleen met boeta gehad het !!!

Wil ook bietjie brag met my man - ek was gister sommer heel af omdat boeta nie wou drink by my en my nippels so seer was - ek het sommer in trane uitgebars !!! My man was soo nice met my - het gese ek is sooo goeie mamma vir ons seuntjie as as ek seer het sal hy sommer vir Xander n bottel gee !! Ek het half 8 gaan slaap en hy vir boeta geluister !!


Nou ja oor en uit !!!!!!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123574 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Maré het sopas ñ hele tietie in 10minute afgesluk! Ek hoop hy gaan nou goed slaap ook en dat ek nie 2uur weer moet bottel gee nie! Hy het vanaand sy skedule heeltemal deurmekaar. Asof babas ñ skedule het! Lol! Lekker slaap!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account