file Oktober mammies 2010

15 years 11 months ago #123573 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Toemaar Gerne more voel jy beter! Dis maar hoe mans dink. Ek dink Ruben is baie naby. Het iewers gehoor mens raak so erg emosioneel kort voor kraam. Kom ons hoop dis wat met jou aangaan. Petro Xander is dierbaar!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123535 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Shame Gerne! Ek sou ook so gevoel het, maar ek dink my man sou presies dieselfde vleisies gekoop het... Moenie dat dit jou onder kry nie girl. Een van die dae is jou seuntjie in jou arms en dan lag jy vir al jou mannewales van die laaste paar dae. Sterkte, ek sou se gaan sit nou rustig en drink sommer 'n glas wyn of iets maar mense sal my stenig en dit sal anyway nie veel help vir die naarheid nie.

So vat eerder 'n lekker bad met bietjie lavender in as jy het en klim in die bed. Manlief kan vir Henko entertain...

Petro, daai mannetjie is erg oulik hoor!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123530 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Petro - hy is die ou sexy'ste dingetjie :)

Janine, jy dra vreeslik mooi! Stunning fotos!

Julle ek voel siek. Ekt half 5 gaan le en 5uur opgestaan toe is ek so naar. Ekt sooibrand goed gebruik om te kyk of dit sooibrand is maar voel nog dieselfde. En my rug nek en kop voel soos griep :(

EN ek huil al van half 6 af en kan nie ophou nie. My man vra 5uur wat gaan ons eet toe se ek vir hom ek weet nie want ek voel terrible, hy se toe hy sal sommer iets by spar kry. Ek stel toe voor van daai lekker kookvleisies, en daar gebeur die mis komunikasie.
Hy kom terug en se die vleis is in die yskas, toe ek dit oopmaak le daar n pak rou kook vleis :( :( :( ek het gedink hy sal sommer van daai klaar gaar vleis koop. Toe ek die vleis sien begin ek net te huil en kon nie stop nie (dink op die stadium voel ek net jammer vir myself)
Ekt die vleis gebraai en in die cooker gesit, aartappels en wortels geskil en rys opgesit, alles gedoen met snot wat spat. Ek weet nie hoe laat ons gaan eet nie, dink nie eers ek gaan eet nie. Ai. Julle ek is seker lelik maar hoe kan hy van my verwag om 6uur te begin kook nadat ek vir hom gese het ek voel aaklig? Dis ook mos nie reg nie.
Verskoon my, eks maar net bietjie down in the dumps :(

Lekker aand almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123515 by stella
Replied by stella on topic Re: Oktober mammies 2010
Kyk hoe cute tannies

[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123506 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Gerne, ek dink ook darem Ruben sal sy eerste Kersfees in die buite wereld beleef! Ek het nog nie eers aan Kersfees gedink nie! Jy is lekker parraat om al persente te koop. Ek sal seker op die laaste oomblik skarrel en myself dan frustreer in die malle gejaag van die Kersfees shopping rush. Miskien kom ek weer Game se manager by!

Bly jy het darem gekry waarna jy gesoek het.

Christa, ek dink my eskapades in Game was nogal iets om te aanskou. Jy het geen idee hoe hard my stem is nie, en dis sonder om te skree. Ek se altyd ek is gemaak om in die middel van 'n 50 x 80m arena te staan, terwyl die wind waai en die kinders om die omtrek gallop en as ek se: Lig jou gat 5 mm! Dan moet hulle my hoor. Almal lag altyd vir my as ek dresagge (ralmarie sal weet...) toetse vir die kinders lees met die perdry, dan kan die hele skougrond my hoor, maar ten minste maak my kids nooit 'n fout nie!

Eks bly jy demand feed, Christa, dit het vir my ook die beste gewerk. Ek het net die laaste voeding in die middag gerek om dit altyd hier rondom half 7 te maak sodat bad en slaap tyd altyd op dieselfde tyd kom. Dit het soos 'n bom gewerk, en klein Stefan het MY in 'n roetine gesit, nie ek hom nie...

Janine daai klein Ilse sal almal nog wys, sy gaan soos bostik in almal se harte klou!

Ek hou ook van die idee om bietjie bymekaar te kom so in die kraamverlof tydjie. Dit behoort lekker te wees. So Petro en Helene, as julle dalk uitstappies na Pta of Jhb beplan, laat weet dan kan ons rondom julle datums werk.

Lekker middag verder!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123492 by Lily
Replied by Lily on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek dink darem Ruben sal kom voor Kersfees Gerne.... Anders noem ons hom Ruben Superglue :P (Sien, ek begin darem al saamlag oor die Bostik storie...)

Ek hou van jou voorstel om Januarie bymekaar te kom Christa, dalk kan jy en Ralmarie sommer saamry. Die res van ons is redelik naby aan mekaar, ek weet net nie hoe gaan ons vir Petro en Heleen ook hier kry nie. :(

Julle almal moet 'n lekker aandjie hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #123490 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ekt een gekry dankie. Kom ons hoop die bad luck is nou verby!

Dit is spesiaal dat M se oupa hom gaan doop!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account