Julle sal nie glo hoe trots hierdie mamma se hart vannaand is nie! My grootseun het uiteindelik besluit kruip is vir die voels en loop is lekker! Hy stap al vir 'n maand lank tussen ons op die mat, maar het vanmiddag sommer net so sonder ons aanmoediging begin om tussen alles te stap en toe later sommer bad toe gestap op sy eie! Ek is besig om 'n video op facebook te laai van die kaal mannetjie wat bad toe stap, gaan kyk bietjie as julle kan. Ek is baie in my noppies!
Janine, eks bly daai asemhalings oefeninge werk! Dit is vir my great! Ek het toe vir Meags gekry om my doula te wees, sy het annerdag hier kom kuier om te gesels oor hoe dinge werk ens. My man is baie bly dat sy saam kom, hy is bekommerd dat baba in die kar gaan kom omdat ek laas so vinnig ontsluit het en ons van Randburg af Pta toe pickel hospitaal toe... Gelukkig bly Meags 10 min van my af, so sy ry saam hospitaal toe en sy is mos eintlik 'n midwife, so as iets gebeur is ek in goeie hande.
Sarah, I feel your pain about school! I'm on holiday now, going back on Monday. Then I'm working till baby comes, no leaving early for me...
Petro, klik of jy 'n opwindende tydjie voor jou het! Geniet dit! En geniet die van die huis af werk, ek is seker dat sal jou lewe baie makliker maak.
Lekker aand julle!