Hallo almal! Soos julle kan raai gaan dit super dol by my! En ek het geen energie nie!
My voete lyk van gister af soos vetkoeke met tone aan! Dis aaklig, moeg en seer! gelukkig is daar minder as drie weke oor!
Dit gaan verder baie goed met mamma en met Mare uitstekend! Klein klits weeg ook al 2.8kg nes Elise se baba! Geboorte-klas was ook lekker gisteraand! Twee nuwe mammas bygekom. Ek dink toe die een is verder as ek, so groot is sy. Toe is sy maar op 26 weke! Kry haar jammer as sy nou al so groot is!
Anina geluk met klein Stefan se loop! Ek kan my net daai gesiggie indink as hy so stap!
Gerne ons doen nie eers "Casual Day" nie! Die klomp mans is mos bang!
Carmen klink my jy gaan eers op kraam verlof tot rus kom en dan gaan daar ook nie veel tyd daarvoor wees nie! So baie gedoentes elke naweek! Ek sien glad nie kans nie!
Elise lyk my daai kleinding is net so haastig vir julle as julle vir hom/haar! Dalk word jy nog verras met 'n normale geboorte!
Ralmarie hoop dit gaan nog goed daar by jou en almal is nou gesond! Ek wil nog iewers by jou probeer uitkom voor hierdie boetie opdaag!
Janine goed om 'n slag weer van jou te hoor! Bly alles gaan goed!
Lekker naweek almal!
PS: DANKIE TOG DIS VRYDAG!!!!!!