file Oktober mammies 2010

16 years 1 month ago #100813 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

ja ons is maar erg bedrywig. dis nie lekker nie :( as ek die werk sien wat nog voorle, ai jai jai, ek raak sommer moedeloos.

ek lees darem so elke nou en dan die posts, kan net nie op almal reply nie, jammer.

Ralmarie, drikus is al lekker groot ne!!! hy gaan 'n bulletjie wees al is dit op week 38.

Kan nie wag om te hoor wat se Elise & Christa more nie!

Carmen, die doks skat hulle gewoonlik maar bietjie oor, maar daai skat was bietjie ver uit ne. shame ja hulle try ook maar hul bes. ek gaan ook volgende week - Dinsdag, ons is mos altyd so bymekaar!

Anina, werk jy nie? is julle skool toe?

Ag julle, ek kan regtig ook nie meer wag vir Ruben nie, dit voel nog soos 'n eweigheid, ek wil hom nou net in my arms hou vas!

Lekker aand vir almal.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100801 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Carmen, ja ek het al van baie gehoor wat verkeerd skat.
My gynie is redelik naby gewoonlik.

Ek weet hul meet die kopomtrek, die femur en die buik omtrek ek dink. Dan vat die masjien die gemiddeld van die drie en gee die gewig.

Ek het bv gesien die kopomtrek wys meer as 35 weke en die femur wys 33 weke en ?dae.
Maar my kiddies is kort/gemiddelde lengte, dus die femur. En Ludwig se kop is redelik groot, meisiekinders meer gemiddeld.
So die afmetings maak sin vir my.

Ek is so moeg, en sooo bly ek hoef nie te werk nie, sou aan die slaap geraak het by die werk, so sterkte vir julle en dan nog om so besig te wees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100787 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ja nee Ralmarie, ekke hardloop bietjie rond vandag met invoicing aan die klient, ons projek soek geld, geld, geld! ;)

Ek is bly dat Drikus so mooi groei man!! Hoe naby aan reg is die gynaes gewoonlik met die gweig as baba eers gebore word? Die rede hoekom ek vra is bv. my een vriendin het hulle op haar laaste afspraak geskat Marc gaan so 3.3/3.4 wees en toe hy is hy eintlik 2.8 met geboorte.

Elise en Christa, geniet julle afsprake hoor!! Ekke gaan eers volgende Donderdag weer, dan is dit my 33 weke afspraak :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100775 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Hallo almal.

Toe was ons krag om die een of ander rede af.
Wel ek is terug.

Alles gaan goed en boeta weeg al 2,6__ kg.
Hy tel mooi op en alles werk nog mooi.
Ek gaan eers weer oor 3 weke so dis weer Laaannnk wag vir my en dan is ek 38 weke, wanneer my babatjies gewoonlik kom.
Maar ek dink my gynie weet ek sal bel as daar enige probleme is.
Hy is so vol, maar fantasties. Baie goeie gynie.
Hy het wel gese ek beter my bed gaan boek wat ek toe ook sommer gedoen het. Nou is alles reg.
Wil net nog 'n stel nagklere gaan koop.

Anina so jy gaan eintlik lekker werk as babatjie hier is. Nasien vat mos baie tyd.

Christa en Elise geniet more se afsprake. Dan kan ons begin voorspel hoeveel hulle gaan weeg.

Carmen en Gerne julle twee is eintlik stil lyk dit my vandag. Werk seker te hard.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100763 by Elise
Replied by Elise on topic Re: Oktober mammies 2010
haha anina ek kan dit nie help nie as ek begin kan ek nie ophou nie so ek sit weer vanaand met die bh maar sal asem deur dit en kyk of julle raad werk lol ek sal darm seker dit more rustig vat ek het nie juis veel tyd voor manlief weer by die huis is nie hy sal my seker so net voor 13h00 optel so ek sal more nie veel probeer doen nie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100731 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Christa, sterkte met daai temp! Gelukkig beteken dit jou af tyd kom al hoe nader, nog net 'n paar daggies oor vir jou. Ek kry nie 'n replacement die jaar nie, die nuwe juffrou gaan eers vlg jaar begin. Hulle kry net iemand om die laaste paar dae voor die eksamen toesig te hou by my klas. Ek stel nog steeds die vraestelle op en merk dit. Maar ek gee nie om daarvoor nie, dit was my voorstel want hulle gaan my nou vir 4 maande betaal ipv die 3 wat op my kontrak staan. Want nou hoef hulle net vir Januarie en Februarie iemand aan te stel, so hulle betaal die ander persoon net vir 2 maande.

Ek stres nie meer so erg oor die tannie en die huis nie, alles is nou amper klaar. En dit is tog lekker om so 'n mooi skoon huis te he op die ou einde van die dag. Dit forseer my om alles te doen wat ons al uitstel vandat ons ingetrek het.

Elise, geen wonder jy kry seer BH kontraksies nie! Jou lyf het 'n break nodig girl! En glo my, oor 19 daggies van nou af gaan jy daai energie waardeer as jy nou bietjie rustig raak. Daar le nog lang nagte voor!

Ralmarie, ek hoop alles het goed gegaan by die dokter. Kom vertel ons as jy terug is!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #100716 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Dannkie Anina, vergeet elke keer om my nommer op te sit! :blush:

Dis 083 763 3751

Shame, Christa, sterkte met die training. My replacement sal seker volgende week begin om handover te doen saam my, ek is ook nie lus vir dit nie :( Maar dit moet seker gedoen word!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account