file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #42220 by Estione30
Replied by Estione30 on topic Re:Oktober mammies 2010
middag mooie mammas en amper mammas, jissie maar ek kry koud vandag en het geen idee hoekom nie. het nou so rukkie in die son gesit en bak, lekker buite, maar vriesend binne. ai!

gerne, hoe nou? ek het op fb geloer op ons groepie, maar jy sal moet verduidelik wat ek moet maak aangesien my kop nie is waar hy moet wees nie.

soek gisteraand myself simpel vir my selfoon toe is hy in my japon se sak. het vandag bo-oor 'n pavement gery en vir iemand wat al bestuur vandag hulle 12 is, is dit nogal erg.

ashleigh, baie welkom hier by ons. is dit jou eerste swangerskap of het jy al kiddies? sover loop die seuntjies voor sewe seuns en drie dogters.

ek verjaar 24 oktober, een hele dag na my due date. moet se ek stress my gat af dat giovanni besluit hy daag op my verjaarsdag op.

ek gaan gou dr toe met my seuntjie en daarna gaan ek iets soek om te eet. p&p het lekker spinach en feta broodjies was dalk net die ding kan doen.

cheers vir eers.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42214 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
Hallo Asleigh - ek het ook maar oct mammas gejoin. weet nog of my EDD in oct/nov gaan wees nie

ag die sooibrand moet maar kom n adie sjokolade - ek gee nie om nie. was net lus vir choclitzzz. ek nie regtig 'n soettand nie, maar was vandag net lus

ek is nou soooo lui -my oe wil net toeval en het hope werk

my BD is 24 Julie

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42210 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Heleen ek dink ek sal ook 'n hele pizza kan opeet.

Ek is ook normaalweg baie lief vir soetgoed, maar nou is dit net sout. En Christa ek moet se ek kan ook kondensmelk eet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42194 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Petro, ek is 'n opregte sjokolis, maar van ek swanger is, vermy ek dit soos pes! Dit maak my soooo naar en van die sooibrand praat ek nie eers nie! Eintlike alle soetgoed op die oomblik, behalwe..........











Kondensmelk! Gewone of karamel. Ek kan hope daarvan eet! Het seker by Elise aangesteek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42184 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Praat van voor op die wa! Daar word alweer 'n riel gedans op my blaas! Wens ek kon sien wat maak die klein klits! :woohoo:

Hi Helene, 'n HELE pizza?! Sjoe, jy was of baie honger of het 'n erge craving! Geniet dit! Wanneer verjaar jy?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42180 by stella
Replied by stella on topic Re:Oktober mammies 2010
en ek het nou net 'n halwe slab wholenut gevreet

en nog my lunch ook

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #42172 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
76 new posts...kan dit nie nou lees nie. ek loer alweer net vinnig in. ek wou eintlik my fb status update, maar toe dink ek die mense gaan weer dink: "ja kyk hoe vat sy advantage van haar pregnancy" toe dink ek, ek kom deel dit eerder hier. weet julle sal verstaan. Hier is my status update:

Helene Swanepoel het nou net n HELE pizza verslind!! (en eks lus vir nog)....

haha, julle dit gaan nou rof, my skaal is stukkend, so ek kan my nie weeg nie. gaan seker volgende keer skel kry as ek by die dr kom. maar dis nou wat gebeur as jy gewig verloor in jou eerste trimester, dan dink jy mos jy gaan n slanke swangerskap he....haha...waar kry mens dit??

baie werk wat wag. ek verlaat julle alweer. sal vanaand voor TV probeer opcatch.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account