file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #39662 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
B) Baie geluk aan die Bulle onder ons!

My nuwe kantoor is nou mooi uitgesorteer. Die naweek het ons bietjie begin om die lee kamer te verf en paar goedjies te skuif. Ek kan nog nie regtig te veel doen nie, want ons gaan nuwe matte in al die kamers kry. So ALLES moet eers uitgedra word en dan kan ek eers begin uitpak, skuif en regpak!! Dit voel nou sommer of my huis weer spasie het.

Ons het ook deur die bib boeke met name gewerk. Maar natuurlik niks verder gekom nie! Ek gooi maar nogsteeds al kort-kort vir Stefan daar in. Maar hys nog nie oortuig nie.

Ralmarie, het jou man toe al ingestem op n naam?

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39656 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
Helene en Gerne, het al die name Simon of Sebastian oorweeg? Ek dink nou skielik daaraan. :huh:

Ralmarie, eindelik het daai 2de boetie darem ook 'n waentjie! Wou die kleinstes nie sommer inklim toe ma 'n nuwe waentjie koop nie? Etienne, dis nou my man se 13jarige seun, het dadelik die dummy en bottels wat ek gekoop het uitgetoets! Ons wou ons doodlag! Hy is die jongste, so 'n baba is vir hom 'n totaal vreemde ding! :laugh: :laugh: :laugh:

En praat van koud! Dis vrek koud hier in Wollies! Die wind voel of dit iewers gesneeu het! :( :blink:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39628 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal. Sjoe dis al amper middag.

Ek het uiteindelik my waentjie gekoop. Yippiieee!! :woohoo:

En die weer is vrek koud hier by ons. Dan hjet ons nog in die koue gaan perdry. Brrrr. :unsure: Hoop dis more warmer, wanr dis nou elke dag se storie tot die naweek toe. En ek en kids moet saam in die koue. :dry:

Darem lekker rugby gekyk die naweek. :laugh:

Sien dis weer Maandag so hier is nie te veel gechat nog nie. :blink:

Geniet jul dag, ons moet nou met skool begin.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39386 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle

Janine, jip, vanoggend is dit lekker koud en miserable buite! Ek wou vanoggend amper nie opstaan nie, net verder le! ;)

Dis mos die koue front wat ons getref het blykbaar!

lekker daggie vir julle en loer later weer in!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39287 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal

Ja nee Carmen, ek's ook 'n trotse Bul! :laugh:

Lyk my die winter het ons nou ingehaal hier in Pta, moet sê Mei maand was nou eintlik net lekker gewees!

Julle moet 'n lekker Maandag hê - chat later weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39215 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re:Oktober mammies 2010
More almal! Hoop julle het almal 'n heerlike naweek gehad! :P

Hoop julle het almal die rugby geniet! En die shopping ook! :silly:

Helene en Gerne, sterkte met daai name soek! Snaaks dat mans weet hulle hou nie van iets nie, maar as dit by voorstelle kom, het hulle nie eintlik iets te se nie! :laugh:

Toemaar Carmen, ek is net so 'n pyn in die agterent! Ek skuif ook altyd alles reg wanneer my ousie die dag daar was. Sy kom ook net eenkeer 'n week. Maar ek vergewe haar maar omdat my huis so mooi skoon is. :)

Elise, hoop regtig jou tande is al beter! Seer tande is darem die vreeslikste seer wat daar is! :huh:

Nou ja, lekker dag vir almal! Sal weer later kom inloer. :side:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #39110 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ag ek is darem een van daai trotse Bulls ondersteuners vanoggend!! B)

Wat 'n game, en ek is soooo bly ons het weer gewen!

Anyway, gaan vandag mos die groceries ding doen, is nou nog eers lekke lui voo die tv!

Ptro, ek hou vreeslik baie van die naam Xander!! :) Sterk naam! (en ek het kortliks op hoerskool met een uitgegaan :P )

Julle moet 'n lekker Sondag he, en loer later weer in!

So volgende week is dit 19 weke!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account