file Oktober mammies 2010

16 years 4 months ago #38400 by neln
Replied by neln on topic Re:Oktober mammies 2010
Hi

Ek het ook Avent bottels gebruik en het 'n snookums steriliser by 'n vriendin gekry - dit het 100% gewerk - moet julle nie blind staar teen soort saam met soort te gebruik nie.

Ek gaan vandag fisio toe - hopelik kan sy my help - ek het 'n steekpyn uit my rug af in my boude!!! Het dit met my eerste swangerskap ook gehad maar net aan die eenkant, nou is dit albei kante. As ek op die bed gele het kan ek nie my bene optel om van die bed af te klim nie. Blykbaar oorkompenseer ek vir die ekstra gewig wat ek ronddra en dit is nog nie eers baie nie!

Gerne - ek is op facebook maar wil juis om die rede dat net julle hier die geslag weet nie nou al op facebook ook gesels nie!!

o ja - my dogtertjie is vanoggend met haar stormers vlag skool toe!!!

Lekker dag almal!

Stefan Johan Nel - 06/10/10, 4.225kg, 53cm
11 weke - 6.4kg

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38294 by Pampoenpit
Replied by Pampoenpit on topic Re:Oktober mammies 2010
Oe ek kan nie byhou met almal se posts nie. ek weet ek moet dit seker neerskryf, soos sommige van julle doen.

Gerne, ek is darem saam met jou n cheetha!! Ons is nie een van daar af nie, maar my skoonpa het in bloem grootgeword, met gevolg my man skree net VRYSTAAT. lance het ook al sy eerste trui gekry, ek het op fb gesien Henko het ook 'n hele uitrusting.

Christa, hoe groot is daai kat?! ek was een keer by n cat show, en daar was n ou met n 13kg Main Coon. Dis so swaar soos my seuntjie nou is. ek gaan nog my fotos van diere soek en post.

Ek het babakos op die stoof. sal later weer inloer.

Eerste Baba: Seun, 01/09/2008
Tweede Baba: Seun, 5/10/2010
Woon in Kaapstad, en is al 7 jaar gelukkig getroud.


[/link]


[/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago - 16 years 4 months ago #38264 by Elise
Replied by Elise on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek hoop ons kan more gaan shopping doen wil sondag net relax saam manlief alhowel k weet dit nie gaan gebeur nie want manlief het rakke by die werk gekry wat hy wil gebruik vir al sy goed wat in die babakamer rond staan so ek het weer niks van hom die naweek nie maar sal maar daarmee moet saamleef tot baba kamer reg is dan sal sy siel weer rus vir n slag. Ek gaan koop ook amper elke maand alleen groceries en ek hou glad nie daarvan nie want ek vergeet altyd iets en dan moet ek weer en weer terug gaan en dis lonely.

Weet julle waaraan het ek gedink hulle se mens is 9 maande swanger maar as jy mooi gaan uit werk is dit 10 maande dis wat 40 weke uitwerk selfs al vat jy die 2 weke weg wat jy dalk nie swanger was voor ovulasie nie dan is dit 9 maande 2 weke of is my brein nou maar net vrot?

Ek wens ek kon net om dop maar ek moet nog huis skoon maak het nog niks gedoen nie ek is te flippen moeg weet nie waar om te vat en waar om te los ie

Samantha Mikayla Vermeulen Gebore 20 Septermber 2010 09h32 3.24 kg 51cm
1 week oud: 3.4kg
4 weke oud: 4.1kg
6weke oud: 4.65kg



File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38253 by Lily
Replied by Lily on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek glo darem nie dit sal 'n probleem wees nie Gerne, hoë bloeddruk is mos meer 'n probleem vir baba as lae bloeddruk en myne is vrek laag... Moet seker dankbaar wees dis laag en nie hoog nie ne!

Ja nee, Elise, dop om en slaap jong! Mens kan mos nie funksioneer as jy nie lekker geslaap het in die aand nie en ons swanger mammas het immers 'n baie goeie verskoning vir 'n middagslapie - dis harde werk om 'n babatjie te groei! :silly:

Geniet die shopping girls, ek chat bietjie later weer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38204 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:Oktober mammies 2010
ons moet ook gaan kos koop. ek het laas maand alleen geshop en my man is glad nie happy nie want ek het swartsakke vergeet, suiker, koffie :huh: So hy moes die week alles gaan kry - so hy gaan saam sondag!

Lily, ek het die spesials gesien by clicks, pregnavit is ook goedkoop. ek gaan def daar draai. Hoop jou bloedruk is gou beter. shoe ek hoop nie dit veroorsaak problems vir jou teen jou einde nie.

Elise, nou val net om :P jy is mos by die huis, ek sou al lankal gaan le het!

Ralmarie, dit vat aan mens as daar so baie dinge aan is ne!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38181 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re:Oktober mammies 2010
Ek sal maar ook vanmiddag 'n draai by die dorp gaan maak. Hier is behoorlik niks in die huis nie. Mei is by ons 'n moelike maand met al die verjaarsdae, ons huweliksherdenking, moedersdag en my ma verjaar. :huh:

So ek sal iets moet kry vir die rugby more. Al is dit net chippies om aan te knaag. ;)

En natuurlik dalk sommer iets koop vir boeta. Dit voel nou vir my as ek vir die kinders iets koop, moet ek vir baba ook iets koop. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #38166 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re:Oktober mammies 2010
Gerne, dankie! Ek sal net geduldig wees! :)

Vieslike trui daai, jy behoort jou te skaam!! ;) :P

Ek sal more my BULLS trui aantrek!!!

Gaan vanaand bietjie braai by family, ons sien mekaar heeltemal te min. Moreoggned het ek vriendin de bday, ons gaan soos regte ladies, koek en tee!! :laugh: Dan natuurlik die ruggas moreaand!

En Sondag is dit groceries koop, want ons kaste is maar leeg!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account