Hello dames!
Annie78 en Lagogies, sterkte vir jul siklusse wat voorlê. Hou ons ophoogte van hoe dit gaan.
MommyMe, hou duim vas dat hierdie TWW met goeie nuus gaan eindig.
Aan al die ander dames (Newbiemom), waar's julle nou? Kom vertel bietjie.
AFM, vandag is CD28. Geen teken van ov die maand nie. Nog 5 dae om te gaan voor ons eerste besoek aan FS. Al die bloedtoetse en ML se SA is darem al afgehandel. Nie seker wat om te verwag van 'n eerste besoek nie. ML wonder of hy ook 'n fisiese ondersoek te wagte moet wees (dis nou te sê as sy uitslae nie goed is nie). Ek hoop ons kan darem met 'n definitiewe PVA daar uitstap.
Was die laaste paar dae was maar bietjie af gewees en moes vanoggend uitvind dat nog een van vele kollegas/werks vriende weer swanger is. Eintlik is ek baie bly vir haar, want sy't ongelukkig laas jaar 'n MC gehad. Maar ek kon nie help om bietjie tjankerig te voel daarna nie - in die afgelope jaar wat ons TTC was daar net so baie mense wat swanger was of al geboorte gegee het. Anyway, enough about me. Ek sal volgende week weer my kop oplig en die ding volstoom tackle!