Hello alle dames!
Jamé, jammer oor die BFN. Bly om te hoor jy vat dit beter as vantevore. Sterkte vir die IVF. Ek het ook gesien ons kinders is ewe oud. By ons vra die familie nie so vreeslik oor 'n 2de een nie, maar by die werk wil mense weet en dit het mos juis niks met hulle te doen nie. Kan dink jy haat daai vraag net soos ek.
Nellak, jammer om te hoor van jou man se uitslae. Ek is seker 'n leefstyl verandering gaan vir julle goeie resultate gee. Het juis dit vandag met ons FS bespreek en julle plan van aksie klink vir my goed. Dankie vir die inligting wat jy hier gegee het.
MommyMe, hou duim vas dat dinge goed verloop die keer en dat jy klaar "goeie" simptome het.
AFM, ons het laat middag ons afspraak by FS gehad. ML se SA uitslae lyk redelik goed oor die algemeen, behalwe vir motility wat aan die lae kant van gemiddeld is met 30% en ook 'n effens hoër nommer wat betref teenliggaampies in sy semen. FS is nie bekommerd daaroor nie en sê dat as ons ooit IUI sou doen, sal hulle van die teenliggaampies ontslae kan raak. So wat ML betref is die plan om al die regte Vitamiene ens. te vat soos wat 'n paar van julle al vandag genoem het.
Wat my betref is dit net bevestig dat PCOS die oorsaak is. Daar is nie veel wat ek moet doen nie (foliensuur en ander vitamiene natuurlik altyd 'n goeie idee), so ons gaan weer 50mg Fertomid doen die siklus, maar die keer met monitoring vanaf CD8 om te sien wat aan die gang is. Ironies genoeg het hy met die scan confirm dat ek moontlik 3 dae terug geovuleer het op CD31. Ongelukkig was BD definitief nie op die regte tyd nie, so wag nou maar vir AF. Alles wat hy met 'n scan kon sien het goed gelyk. Het wel 1 klein sist op een van die buise opgelet maar nie bekommerd daaroor nie. Hy stel voor ons gee dit ten minste 6 maande voor ons enige iets anders oorweeg (soos Lap of IUI).
Lekker week vir julle!