Hello almal!
Jamé, ja nee, ek stem saam dat jou nuus myne beat.

Ken daai gevoel te goed van die aarde wat jou moet insluk as jy sulke nuus hoor. Veral wanneer ander mense dit nie eers beplan het nie. Dit gaan darem al makliker as aan die begin.
Aan my kant voel dit deesdae of almal 2de of selfs 3de kinders verwag. Ek dink omtrent daagliks aan hoe alleen my seuntjie is. Hy's nogal baie sosiaal, maar daar is geen ander kinders van sy ouderdom in ons naby familie of vriende nie. Wou hom al na 'n speelskooltjie stuur, maar ons het gaan kyk na 'n plek en ek het besef hy's nog nie gereed nie. Sal oor 'n paar maande weer kyk of dit 'n opsie is. Intussen is ek gelukkig dat ouma baie mooi na hom kyk gedurende die dag.
Voel meer positief vandag. Ek is seker die effense depression was net hormonaal. Het charting gedoen hierdie maand en kon sien die afgelope 2 weke was my hormoonvlakke baie op en af. Het 4 keer (gemiddeld 3 dae uitmekaar) gesien dat ek amper gereed was vir ov, maar dan gebeur daar niks (BBT gaan nie op nie). Het iewers gesien dat PCOS dit met 'n mens kan doen. Ons sien mos Maandag ons FS vir die eerste keer, so dis iets om op te fokus.
Sterkte vir Maandag se toets! Hoop AF bly weg en dat jy goeie nuus kry.
Annie78, thank you for the drukkie.

Almost time for your 2nd IUI tomorrow. Hope that your lining is just perfect and for that BFP in 2 weeks time!