× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

9 years 3 weeks ago #277360 by Bytjie
Hallo Lagogies en al die 'ou' en nuwe dames,

Dis so lekker om van jou te hoor. Hou al my digits vas dat jou paadjie na swangerskap hierdie keer vinnig en smooth sal verloop.

Jooste so bly alles verloop nog goed met jou swangerskap. Ek post nie meer baie nie maar ek lees nog amper elke dag.

Bea, daai twee seuntjie van jou is seker al mooi groot ne.

My kleintjie het so pas 1 jaar oud geword en sy ou boeta word in Oktober 3. Maar ek sal julle ongelukkieg nie meer kan join op die swangerskap paadjie nie want ML is gesnip-snip :(

Ek hoop dat hier 'n bietjie meer lewe op die tread sal wees.

Geniet die naweek dames.

En hier's my twee stoute kabouters.....

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 weeks ago #277356 by Lagogies
Hellooooooo al die ou dames en welkom aan die nuwes!

Jooste ek is so bly daar is weer n bondeltjie oppad en Bea!!!!! N tweeling na 13 IVFs! Ek is sooo bly v julle!

Ek en Stella sien mekaar darem elke nou en dan. Hierdie thread is darem een van die bestes! Ons was so klomp dames wat lank gesukkel het en so baie van ons het ons babatjies gekry! Ons was maar n klomp party poopers want na n klomp van ons swanger geraak het, was daar maar min oor.

Ek hoop die thread bly so positief en dat ons almal wat weer wil probeer lekker kan gesels en almal gou swanger raak. Ek gaan vlge vrydag dokter toe om die groen lig te kry.

TanyaS enige nuus by jou?

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276577 by Mommiez
Hi MVelloen

Ek en my partner gaan ook vir IVF ek weet nie of die dokter ook gaan toetse doen nie of wat gaan vir wat gaan nie so my senuwees is ook klaar, ons eerste afspraak is in Junie

Moenie bang wees nie ons kan mekaar hier ondersteun en ervarings deel met mekaar :-)

Welkom hier by ons!


Sent from my iPhone using Moomie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago - 9 years 3 months ago #276574 by joo~ste
Hi julle -
Hier spring ek alweer in (jammer)

MVelloen:
DHEA en coQ10 is regtig 2 aanvullers wat jy kan oorweeg. CoQ10 moet jy die ubiqunol weergawe aankoop en nie die ubiqunone nie. Die absorpsie van eersgenoemde is beter. DHEA is slegs verkrygbaar met 'n voorskrif omdat dit 'n hormoon in. Daar is heelwat navorsing wat wys dat dit vrouens met lae ovarian reserve of poor quality eggs kan help.

Moet nie moedeloos voel nie - jy sal sukses kan he met IVF as die Dr. jou korrek stimuleer. En meeste spesialiste is presies wat die woord se...spesialiste wat dit aanbetref.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276573 by MVelloen
Hi Julle

Ek is ook nuut op die groep. Ek is 31 jaar oud en prober al 3 jaar om swanger te raak. Ek was al by 2 spesialiste en was op fertomid vir 6 maande sonder enige resultate. Ons het nou besluit om IVF te probeer. Die Dr waarby ek nou is het my vir verdere toetse gestuur wat bevestig het dat ek skaars eiers oor het. Geen ander Dr het al hierdie toets gedoen nie omdat ek nog sooooo "jonk" is. Eks vreeslik bang en ek weet nie wat om te verwag nie. Ek weet op hierdie stadium nie eens of IVF gaan werk nie.

Is daar enige iemand wat miskien vir my raad het.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276553 by Mommiez
Hi Bea!

Ek love parkrun sal kyk of ek dit ook by my routine kan inkry...
Ek gebruik ook nou My Fitness Pal dit help mens vreeslik baie om te kyk wat eet mens alles ekt nooit geweet kaloriee kan so vinnig optel nie..... Hehehhe
Ek health walk ook nou 2 keer per week vir 30 Min n sessie ek hoop so alles sal n verskil maak op die einde vd dag...

Ek het 2 slipped discs in my rug so gym is heeltemal uit vir my :-(


Sent from my iPhone using Moomie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276552 by joo~ste

Bea wrote: Jooste, lees ek reg dat jy weer 'n BFP het? Ek gaan my knieë deur bid vir 'n sticky bean vir julle hierdie keer! Ek kry sommer hoendervleis! Dankie, ja, party keer moet ek myself nog knyp - dit voel nog so onwerklik - na vyf jaar se sukkel en 13 (!!!!) IVF's is ons so geseën met hierdie tweetjies. Jy sal dalk lag, maar ek sukkel nogal self om hulle uitmekaar te ken - en ek is die ma!!


Hi Bea
Ja...ek is net so oor die 6 weke. Gaan eers volgende week vir my eerste sonar en is verskriklik verskriklik angstig. :unsure:
Na 6 miskrame is dit nie meer so maklik om positief te bly nie. My geloof is al waaraan ek vashou.....ek bid dat hierdie baba'tjie sal klou tot teen die einde en dat hy/sy heeltemaal gesond sal wees.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account