× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

9 years 3 months ago - 9 years 3 months ago #276551 by Bea
Mommiez, ek het begin oefen - ek het twee keer 'n week gegym en elke Saterdag die Parkrun gedoen. Ek dink dit kon dalk 'n rol gespeel het in my BFP.

Jooste, wil net noem dat ek ook die Harmony-toets gedoen het - absoluut die moeite werd, al is dit peperduur. Ek het op 12 weke so 'n hoë Down's sindroom telling gekry - 1 uit 8, maar gelukkig op die ou end het die Harmony-toets gewys als is ok en mens kan nie 'n prys op daardie gemoedsrus sit nie. Ek het gesien jy het daaroor gepost op die Dec 2017 thread.

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276550 by Mommiez
Baie dankie vir die mooi hallo's :-) ek hoop ons klompie kan sommer lekker gesels... Sien baie uit om die pad saam julle te stap.

Ek is nou op die gewig verloor stryd voor ons IVF afspraak en ek probeer die tempratuur Charting ding, hoop maar ek doen dit reg, ek gebruik darem 'n app so ek kan darem nie te verkeerd gaan nie hahah

Is daar enige ander dinge wat julle gedoen het voor julle IVF afsprake, dis so baie geld wil alles moontlik doen om my liggaam reg te kry....


Sent from my iPhone using Moomie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276549 by Bea
Jooste, lees ek reg dat jy weer 'n BFP het? Ek gaan my knieë deur bid vir 'n sticky bean vir julle hierdie keer! Ek kry sommer hoendervleis! Dankie, ja, party keer moet ek myself nog knyp - dit voel nog so onwerklik - na vyf jaar se sukkel en 13 (!!!!) IVF's is ons so geseën met hierdie tweetjies. Jy sal dalk lag, maar ek sukkel nogal self om hulle uitmekaar te ken - en ek is die ma!!

Lise, welkom hier, soos Stella ook gesê het, hierdie thread is nie eintlik meer aktief nie, maar dalk kan julle nuwe dames weer voort gaan met die thread - sien dit is al klaar jy en Mommiez. Sterkte met jou pad, dit is nie maklik nie - ek hou duimvas dat IVF sommer vinnig vir julle sal werk. En ek dink regtig ek is die uitsondering met 13 IVF's - die oorgrote meerderheid van mense kry darem hulle BFP's voor dan!

Stella, dankie ja, slaaplose nagte is nou seker maar deel van ons lewe! Ek is op 'n meelingmammas-groep op What's app en almal beveel hierdie wonderlike sleep couch aan - ek wag nou net dat hulle gekorrigeerde 6 maande oud word, dan sal ek haar uit kry, want hulle moet eers self hul dummies in hul monde kan sit. Maar dan weer, my dogtertjie het so sleg tande gesny en daar is nie "sleep couching" vir eina pyn nie!

Mommiez, welkom hier, soos bo gesê vir Lise, dalk kan jy en sy hierdie chat verder vat en hopelik join nog 'n paar dames julle op die TTC pad. Anders kyk by die Engelse thread, ek dink hy is meer aktief. Sterkte met julle pad vorentoe. My man het altyd vir my gesê ons pad vat nou wel 'n bietjie langer as ander mense s'n, maar ons sal wel daar uit kom.

ME: 40 - stage 4 endo, left tube removed
DH: 42

4x laparoscopies
5x hysteroscopies
4x IUI - BFN
12x IVF/ICSI/PICSI - BFN
Planning our next step: donor eggs, adoption or living happily ever after with an only child

May 2016: Lucky nr 13 IVF (own eggs) - BFP! First beta 253, second beta 1100.
First and second ultrasound: one perfect little heartbeat.
10 week scan: identical twins in one sac!!

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276547 by Lise
Hallo Almal,

Baie geluk aan die mammas wat weer babas ryker geword het!! Bea jou tweeling is pragtig!!
Ons is nogsteeds besig om te probeer vir #2. Het einde 2015 en einde 2016 altesame nou 5 mislukte IUI(KI) siklusse gehad. Ons gaan nou maar einde Junie se kant gaan vir IVF. Hoop dat dit dan vinnig vir ons gaan werk.

Hoop dat die van ons wat nog wag sommer vinnig positiewe nuus gaan kry!!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276544 by joo~ste
Wil net vinnig in "in crash"!! :P

Bea
Dit is die allerpragtigste foto!!!! Hulle lyk verskriklik eenders (ek weet hulle is identies.....maar soms is daar tog 'n ou verskilletjie...) So bly dat jou "storie" so 'n gelukkige einde het. :)

Hallo aan al die ander!! Wou net vinnig kom inloer en darem net comment op Bea se foto!!!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276543 by StellaK
waaaat... Bea wow. kry ek nou so hoedervleis en pik 'n traan om dai 2 gesiggies te sien.
kan nie ophou kyk vir die foto nie.
baie baie geluk.
sjoe, jammer dat hulle so vroeg gebore is, maar so bly dit gaan goed met hulle.
hehehe.. die slapelose nagte is rof. al2 my seuntjies slaap bitter sleg, so innige simpatie

Hallo Mommiez. groot druk vir jou. dit is so 'n moeilike pad om te stap. jong die laaste ruk was dit hier ook maar baie stil, maar dalk kom hier weer 'n paar vrouens by dan kan jul lekker gesels. kyk dalk ook in die indeks of daar van die ander TTC groepe is wat bietjie meer klets. ek het so min tyd deesdae, so loer omtrent net so elke 3-4 maande in om te sien wat aangaan.

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]
The following user(s) said Thank You: Mommiez

Please Log in or Create an account to join the conversation.

9 years 3 months ago #276527 by Mommiez
Hi Dames!! Is daar n plekkie hier vir nog n ekstra persoon :-)) ek is graag opsoek na n plekkie waar ek kan lekker gesels, die ander forums is vreeslik stil en niemand groet mens eers nie :-(

Ek en my partner is tans besig om met n familie te begin. Ons is deur so 6 IUI siklusse sy het 5 gedoen met ons Ginekoloog en ek het in Maart ook een gedoen.

Ons het nou maar besluit om IVF toe te gaan dit is vreeslik mismoedigend om elke keer n negatiewe resultaat te kry :-(

Ek hoop ons kan almal lekker saam gesels op die pad na swangerskap...


Sent from my iPhone using Moomie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account