× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

heart Gesels saam op die pad na Swangerskap

7 years 8 months ago #280612 by Bytjie
Hallo julle,

Wow julle was almal baie stil. Maar met al die goeie nuus wat ek nou gelees het was die lang stilte beslis die moeite werd. 

Baie geluk met jul dogtertjie Lynkie. So bly julle het uiteindelik julle bondeltjie vreugde gekry. Geniet haar as jy jou oë uitvee wil sy nie meer mamma se baba wees nie maar 'n groot nooi.

Zarah, Zarah, Zarah ek het jou post twee keer gelees net om seker te maak ek lees reg. En daar word jy toe sommer met tweetjie gebless. Baie geluk met jou swangerskap. Ek wens jou 'n baie gelukkige en gesonde swangerskap toe. Dit voel nou nie so nie maar jy sal sien hoe vinnig vlieg die tyd en een van die dae huil daai twee kleintjies jou deurmekaar ;).

Geluk aan jou ook Stellak. Jammer oor die miskraam maar eks baie bly jyt weer so vinnig swanger geword. 'n Happy  & healthy 8 maande aan jou ook.

Dames julle het almal my naweek gemaak met al die goeie nuus. Ek moet nou celebrate (Zarah moenie worry nie ek sal namens jou 'n paar glase leegmaak). 

Vat dit rustig en geniet die naweek. Hoop julle is van nou af nie meer so stil nie

Me (38): PCOS, Anovulation, DH (32): Fine
Jun '12 - Sept '12: Metformin + 2 Rounds of 50mg Fertomid, BFP, @ 9 Weeks - Missed Miscarriage, D&C
Dec '12 - Apr '13: Meftormin + 50mg-150mg Fertomid, Last Round NO STIM
17 Jun '13: KI #1 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BFN
18 Jul '13: KI #2 = 5mg Femara + 250mg Ovitrelle, BPF, 14 Aug '13 Miscarriage @ 5.5 weeks
6 Oct ' 13: Miscarriage (Natural BFP)
24 Oct '13: Histeroscopy - All fine
25 Feb '14 - 5mg Femara & TI - BFP! Feeling so blessed!
14 Dec '15 - Blessed with a Natural BFP

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280611 by StellaK
Goeie more,

Lienkie, dit is sulke goeie nuus. ek is so bly vir jou

Zarah, die trane rol soos ek jou post lees. dit is so 'n groot wonderwerk. ek bid so hard vir jou deur hierdie volgende 30 weke.
mag jy verder 'n goeie swangerskap he en dai babas gesond gebore sal word.
jy moet ons asb op hoogte hou

ons het Mei maand weer begin TTC en Oct het ek weeer 'n MC (6weke) gehad. en toe dadelik op die volgende siklus raak ek weer swanger.
nou 6 weke en gaan volgende vrydag gynie toe. is maar goed senuweeagtig, maar ek is vreeslik naar, so ek glo alles is ok

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 8 months ago #280610 by Zarah
Hi almal

Baie geluk met al die babas. Geluk Lynkie!

So na al die jare se sukkel het ons 2 jaar gelede alle behandeling gestop en aanbeweeg met ons lewens. Ek het my 40ste gevier in Italia, Griekeland en Crotia. Was fantasties.
Begin van 2018 het my man voorgestel ons kry n 2de opinie oor my endometriosis want my vorige FS wou n histerektomie doen.
Die nuwe Drs was fantasties. Ek het n Myomectomy gehad en die Drs het toe met ons gesels oor die moontlikheid van nog n IVF maar op n heel anders protocol. Dit was n baie lang storie en ek was in n mediese menopause geplaas.
Wel, lang storie kort, ek het op die 29ste Oktober my heel eerste positiewe swangerskap toets gekry. Geen woorde kan verduidelik hoe ek gevoel het nie. Op die 6de November het ek vreeslik begin bloei en is hospitaal toe. Ek was so seker dis n miskraam. Die Dr het toe 2 sakkies gesien maar het gese dat een abnormal lyk en waarskynlik besig was om te miskraam. Ek is toe op bedrus geplaas.
N week later wys die scan toe nog steeds 2 sakkies en nog n week later kan mens die babas sien. Nog n week later hoor ons hulle hartjies klop!
Ek is amper 10 weke swanger en nog steeds nie buite gevaar nie. Ek het 2 bloedklonte naby die babas, ek is 41, ens ens.. So ek vat dit maar baie rustig.

Ek kan nie glo na 7 jaar dat ek hierdie post met julle deel nie. EK kan steeds nie glo dat ek swanger is nie. Dit het harde werk gekos om te annvaar ek gaan nooit n mamma wees nie. Maar ek is baie dankbaar vir onse Vader vir hierdie wonderwerk. En ek is so dankbaar vir die harts vriendinne wat ek hier oor die jare gemaak het.

Zarah (se mamma to be)

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

7 years 9 months ago #280559 by Lynkie
Hello julle,

Ek het baie lank terug ook op die forum gepost.  Ek herken darem nog van die dames wat kom inloer het. Ek het maar 'n baie moeilike pad gestap met 5 miskrame en babatjie wat ek verloor het.  Maar uitendelik na baie, baie behandelings en 10 IVF's later, het ons uiteindelik ook ons bondeltjie vreugde.  Sy was op 34 weke gebore en is nou  'n Baie besige dogtertjie van 15 maande.

Baie geluk aan julle almal met julle pragtige kinders.  

2008 - Blighted Ovum, D&C
2009 - 6 cycles 50mg Clomid = BFN
2010 Aug - 1 cycle 100mg Fertomid = BFP
Baby girl born (28 weeks) on 4 Feb 2011 premature, died 8 Feb 2011
2011 Aug - 100mg Fertomid = BFN
2011 Sept & Dec - 100mg Fertomid & Ovidrel = BFN
2012 Feb - IVF # 1 = BFN
2012 Mrt - Fertomid, Accupuncture = BFN
2012 May - Low AMH = 0.16, - DHEA for 7 months. AMH improved = 0.2
2012 Oct/Nov - IVF # 2 = BFN
2013 Mrt - IVF # 3 Started stimming, Follies stopped growing ....cancelled
2013 May - Dec Various medicated cycles ... all BFN AMH Level : 0.53 2014 Jan - IVF # 4 = BFN

Please Log in or Create an account to join the conversation.

8 years 3 weeks ago #280343 by StellaK
Nella, hulle is te pragtig vir woorde.

Bytjie, hehehe ek het lekker gelag. kleuters is seker maar almal 'n bietjie gruwelik.
al2 myne is onbeskryflik besig. G is baie gestel op reels en hy hou daarby, maar hy leef ook teen 200km/hr en hy het 'n ongelooflike sterk persoonlikheid. F is het 'n rustiger geaardheid maar hy is baie humeurig en hardkoppig. hierdie jaar gaan hy my senuwees goed toets. maar hy is die liefdevolste dierbaarste ou mensie

jooste, kan nie glo jou klein reenboog babatjie is al 7 maande oud nie.
wie weet, dalk oor 'n jaar of 2 kom daar 'n aanneem babatjie oor julle pad...

Lagogies, ek sal gaan loer op dai ander tread

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

8 years 3 weeks ago #280339 by joo~ste
Hi Julle almal!
Dit is darem nou lekker om weer bietjie op te vang.
(Ek het vanaf Junie 2009 op 'n ander forum gesels en het aan die begin van die jaar my laaste post daar gepost, want al my internet-maters het minder en minder gepost en het op die ou einde heeltemaal weggebly. Ek was die enigste een wat weer probeer TTC het op 'n stadium en dit was so hartseer toe alles doodloop. Daardie forum was vir my so 'n lifeline! Ek is daarom so bly as hier van tyd tot tyd weer van ons ou vriendinne post op moomie. Dit is so lekker om te sien met almal gaan dit goed).

Julle kinders is soo mooi!!
Ons oudste is nou 5jr4maande en ons seuntjie is 3jr 10mde. Ons reenboog is nou 7 maande.
Ek het steriliseer nadat sy in Desember gebore is, maar ek bid gereeld dat ek van daardie min vrouens is wat kan swanger raak met 'n sterilisasie en al. En...dit is absolute malligheid, want ek is 41jr oud, maar dit is vir my verskriklik swaar om na 9 jaar nie te dink aan TTC en my siklus te track nie. Dit was so deel van my identiteit vir so lank, dat ek moeilik daarvan afskeid neem. Ek sal regtig nie omgee vir nog 'n baba nie. ML voel ons is nou klaar en daarom die sterilisasie, maar ek het vir hom gese dat as daar nog moet wees, gaan 'n sterilisasie dit nie keer nie! (Wishful thinking...ek weet...maar nou ja!)

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

8 years 3 weeks ago #280338 by Lagogies
Nella jou 2 is te dierbaar.

Bytjie M is so ou sweetie pie. Hy is besig maar het n baie sagte persoonlikheid. Toe n verjaarsdag maatjie (4) verlede naweek huil oor sy mamma (wat gou n draai loop) het hy hom gaan troos en gese hy sal hom help om sy mamma te soek❤❤❤

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account