× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #128185 by KarinM
More almal.

Die naweek is te gou verby.... Ek wil nog he!

Hallo Ansa! So bly om van jou te hoor. Dis great dat jy so oulike huis dokter het. :) En dis fantasties dat jou skool hoof so nice is oor die afboek die res van die jaar!

Slakkie & Strikkie ~ HUGS... mag julle tyd ook nou gou kom en daardie toetsies geslaag word vir 'n verandering!

Hi Lalie ~ Sterkte met afspraak by dr. P!! Hoop hy kan julle beter info dalk gee en dat julle meer positief daar kan uitstap. :)

AFM: Geen klagtes nie! Word net al hoe groter, LOL. My poppie groei teen 'n spoed lyk dit my. O ja, ons het besluit op die naam, wel hopelik, manlief moet nou nie weer van plan verander nie, hehe.
Ons meisiekind sal wees Kiana Isabelle Meyer. :) :)

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128182 by Tienka
Slakkie, hy klink regtig na 'n geat dr. Julle 3, ek glo absoluut in wonderwerke, my wonderwerkie se naam is Shayne. ek bid dat julle wonderwerkies julle nie te lank sal laat wag nie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128179 by Slakkie
Jip Lalie ek is ook by hom en is doodgelukkig. Ek sal na niemand anders wil gaan nie. Hy is regtig vreeslik vriendelike en verduidelik alles baie mooi. Hy lyk wel vreeslik koddig met sy dassie maar dit maak dit eintlik nogal snaaks want ek wou heeltyd lag vir sy dassie maar ja ek het wou hierdie siklus IUI gedoen het maar ons was verlede week weg en in my hart het ek seker geweet die datums sou nie uitwerk nie maar ek het steeds sy spreekkamer gebel en hy het my binne 'n uur teruggebel sonder om kwaad te wees omdat ek eintlik sy tyd gemors het. Hy was vreeslik dierbaar en het my mooi moed ingepraat om maar eerder te wag en nie dit op so manier te wou doen nie want hy was seker ons sou die eiertjie mis. Ek het sommer beter gevoel na die tyd.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128177 by Tienka
Hallo Laliek, sterkte met jou afspraak!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128176 by Goggatjies
Goeie More

Ansa - ek is baie bly dit gaan goed. Ons kan nie wag om te hoor wat jy verwag nie. Ek dink dit is 'n dogtertjie!!!

Strik, het na chart gekyk, en ja ongelukkig dink ek af is oppad, temps het net te veel gedaal. Gewoonlik as 'n mense swanger is dan bly dit mooi op.
Maar as AF eers more begin dan is jy 13dpo, en dit is baie goed.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128173 by Laliek
Hi julle!

Sukkel biki om te post,op my BB want ek's nog by huis!

Ons het bietjie gaan kamp die naweek,was heel lekker,net AF wat toe opgedaag het
En my vrydag in pyn gehad het. O en terug gekom met erg sinus,voel skoon gaga vandag.

Anyway,strikkels en slakkie-ek weet hoe julle voel. Voel al die hele naweek ek moet dalk maar begin aanvaar dat dit dalk nie binnekort sal gebeur nie indien ooit! Ek wag nou dat ons ry,het afspraak by Dr P 11:30. Sal kom update as ek klaar is!

Slakkie jy's ook mos by hom? Jy happy by hom?

Ansa-yippee dat jul ok is xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128172 by Tienka
More almal, hoop julle het 'n heerlike naweek agter die blad!!

Ansa, baie bly jy en babatjie doen goed, geniet die ruskans!!

Slakkie en Strikkie, julle gaan een van die dae daai toetsie met lof deurkom!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account