× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 11 months ago #128097 by sexy~hexy
More almal

Hoop julle het lekker naweek gehou. Myne was rustig aangesien DH gewerk het :S

My Maandag begin ook sommer befoeterd, want die dame wat saam met my werk is af want sy gaan more die dokter sien om dalk haar breuk reg te maak, en sy het niks inligting aan my oorgegee nie, nou soek die maatskappye inligting by my :angry: Dit gebeur elke flippen keer, en ek is eintlik nie eens verbaas nie, het dit verwag. So sorry vir haar, sy sal maar dit net moet uitsort, al sit sy in Bloemfontein.

Anyway, lekker daggie vir almal, gesels later weer!

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128091 by marie r
Hallo Almal

Hoop julle het 'n lekker naweek gehad. Myne was baie lekker maar net hopenloos te kort gewees.

Ons was die naweek bietjie na my ma toe in PTA. Ons het so lekker gekuier, ek wou sommer nie gister terug kom nie. Sy't 'n klomp goed al klaar gemaak vir Marinus se kamer en ek het alles wat al klaar is geky om huis toe te bring. So nou jeuk my gat eers om sy kamer klaar te kry. Maar my huishulp moet nou eers al die goed stryk. Sal seker vanaand die gordyne en romeinse blinding ophang. Jippeeeeeeee. Sy't tot vir my 'n feeding donkey gemaak. Dit is so stunning, al moet ek self so sê.

AFM: verder gaan dit goed met my en Marinus. Kan net nie wag vir Donderdag nie. Dan het ek weer 'n scan. Sien so uit om te hoor hoe groot is boeta nou.

Nel, dit was baie nice om jou hier te sien. Sterkte vir jou laaste eksamens.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #128031 by Lia
Hi Nel, ons mis jou man, skies sien nou eers exam is Maandag, het vir een of ander rede gedink dit was Vrydag. Yay, ons kan amper weer gaan koffie drink.

Hallo aan al julle ander dames, dink nie ek gaan more in log nie het, baie om te doen die week, Hexy, my baas gaan daar in julle rigting vir besigheid - baie ver om te ry vir 1 aand se oorslaap - gelukkig doen hy dit net 1 keer 'n jaar. Maar dit beteken ook ek het baie om voor te berei.

Sien baie uit na my scan Vrydag !! Verder gaan dit goed hier, pensie het net weer lekker uitgesit die laaste week, nogal lekker.

Geniet julle week !!

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127965 by Nelria
soos julle kan sien vang ek stadig op

pais - wou net se daai saam in bed slaap ding bepaal baba nie jy nie LOL - ek haat baba in bed iriteer my grensloos e lea was glad nie in ons bed nie maar XEN oooooooh wee jyyyyyyyyy ek gee op die man slaap in my bed anders slaap ek nie (of nog minder as nou) maar nou ja wat ken mens doen

re - eet Xen is op vol etes grof gemaal eet alles tot vleis,yoghurt etc as per paed eet al v 4 mnde af - nuwe research bevind tussen 4-6mnde produseer baba celle wat alles opneem en as jy kos gee dan raak ligaam dit gewoond en skakel allergiee uit en tastebuds ontwikkel dan ook so raak gewoond aan smake en tekstuur - ANyhoe each to their own - maak geen verskil aan sy slaap nie so dis nie rede om te voer my man slaap van 7-5 raak so 5 keer wakker - regtig nog nooit goed geslaap nie - lea ook nie sy van 7-4.30 darem aaneen WOW


xxx

Location: Pretoria East
Little girl - Lea 11/11/08
Little boy - Xen 09/06/10

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127963 by Nelria
galo galo

nog nie opgevang nie het heel week geswot so ek mis julle klomp baie sal beter gaan v vlgnde week af wou net comment re borspomp

ek het met lea 'n avent handborspomp gehad en gelukkig net vir 6 dae nodig gehad oor sy in ICU was (sou eerder gehuur het as ek dit geweet het) en shoeeeeeeeee dis harde werk en pyn in gat om manually te pomp mens se hand raak aan kny vir 20min naderhand weet jy nie hoe om vas te hou nie try bietjie sommer net jou hand oop en toe maak vir paar minute en voel hoe kramp dit (anyhoe het dit gedonate en verniet gekry en nie lank nodig gehad nie so no problem) - en lea was by huis tot op 9mnde so anders as werk mammas

met xen het ek de medela swing - electries by buddy geleen - SUPER NICE vat 20min en geen effort en geen geluid - maar weer amper nie nodig gehad het dit eers na 3mnde uitgehaal en nou vir maand gepomp oor ek moes leer en hy moes skool toe en ek dan wee wil borsvoed tot op 9mnde

ok so hier is my raad - moenie koop voor die tyd nie (as jy nodig het is winkels daar
-leen verkeislik 1 by iemand as jy nodig het great as nie geen waste
-as jou babe in ICU beland kan jy 1 by hospitaal huur vir peanuts teen wat sou gekos het
-soek 2dehands vir elektries vir kostebesparing

dis my 2c's LOL

hoe gaan dit buds???????

met my gaan voor die wind maandag klaar ge-exam so dis al wat tel nou woooooooooooooooohooooooooooooooooo

Location: Pretoria East
Little girl - Lea 11/11/08
Little boy - Xen 09/06/10

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127781 by Goggatjies
Julle moet almal 'n baie lekker naweek he
is nie te besig nie, moet net bietjie nuwe onder klere gaan koop, die groot bra's hou nie meer die boobies op nie

Sondag gaan ons net na 'n doop toe - moet foto's neem

Baaie

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 11 months ago #127718 by Strik*kie
Hehehe ek het darem vanoggend baie gechat, toe raak ek besig.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account