More aan al julle ander pragtige dames !!!
AFM: Ek voel stukke beter vandag, net die laerugpyn wat weer kop uitsteek, seker maar skeef geslaap of iets. My pensie het definitief oornag nog groter geword. Dis asof my pensie van Maandag tot nou elke aand 'n bietjie gegroei het, sommer net skielik groter - ek word sommer opgewonde as ek in die spieel kyk, lyk nou meer soos 'n regte preggy belly. My man het die laaste paar aande eers my pens bietjie gevryf en vasgehou net vir ingeval hy weer vir baba kan voel, het baba mos 1 keer die week gevoel....hehe, shame maar sy wil niks weet nie. Ek dink dis dalk die hitte en te min water wat my dalk gister onder gekry het. Ons het gisteraand by KAROO gaan eet en my lus vir vleis is definitief terug, het heerlik geeet. Ons moet vandag die graniet gaan uitkies, maar die kombuis ou het nou nog nie die mates vir ons gestuur nie, so weet nie hoe gaan ons akkurate metings neem nie - sal hom maar nou weer bel.
Julle girls moet 'n heerlike middag he !!