Middag dames
Hoop julle het sover 'n wonderlike dag. Ek het opgevang, maar nie notas gemaak nie, so gaan nou net se wat ek onthou.
Ek wou al heel oggend so graag kom loer of hier al nuus is van Ella of Lalie, maar kry net nie tyd nie. Ek het darem met Ella gepraat.
Ella, ek bid vir julle en glo jy gaan jou positief Vrydag kry !! Ek het ook gedink Maandag is 'n bietjie vroeg. FXFXFXFXFXFX
Lalie, baie sterkte met jou toetsie more oggend !! Gebruik die Porsche toetsie hoor. PS: Ek het ook AF tipe krampe gehad voor ek uitgevind het ek is swanger. FXFXFXFXFX
G, wow, ek het jou phodies of fb gesien van die doop. Baie Geluk, ek is bly alles het goed afgeloop. Alles het pragtig gelyk !!
Morgs, geniet jou kuier by jou ouma.
Ankia, wow, so baie kilo's verloor, en die feit dat jou kleiner klere al te groot raak is AWESOME !! Geniet die shopping spree wat jy binnekort nie sal kan vermy nie.
Klippie, bly jy is beter. Dankie tog, nou kan jy weer nugter dink.
Dankie vir Ansa se nuus !!
AFM: Ek het nou vooroor gebuk terwyl ek sit en 'n hele paar keer vir baba gevoel, wel ek is nogsteeds nie seker dis baba nie, maar ek is 99 % seker dis hoe dit voel as baba skop. Dit was nou lekker om dit so baie te kon voel. Ek het my vanoggend in spieel bekyk en my pens is sommer net skielik tussen Vrydag en vandag groter. Ek sal Maandag my 20 weke phodie neem en kom post.