× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 3 weeks ago #109291 by ChaNa
Ek het pyne nogals vandag in my buik area so dalk is AF oppad.

Baie Welkom hier by ons Jooste, ek belowe jou jy gaan baie dinge wys raak by hierdie groepie lol..hulle is amazing.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109288 by joo~ste
Slakkie:
Ek sal ook nie omgee vir IUI nie. Die FS wat ek gaan sien is Prof. Wessels in Bfn. Ek was nog nie by iemand buiten my gynie nie. Maar...die is nie regtig hulpvaardig nie en het my op Clomid gesit sonder om eers 'n laparoskopie aan te beveel. Die feit dat ek al 33jr oud is en al vir 16 maande probeer...sou ek dink regverdig dat hy darem moet kyk of daar nie dalk iets fout is met my "plumbing" nie.

Na ek die voorskrif gekry het, het ek egter heimlik gehoop dat die Clomid die trick sou doen (Veral omdat ek so goed reageer op dit)...maar nee. Buiten die feit dat ek 2 kg opgetel het oor die laaste 4 maande en elke aand omtrent net in 'n broekie slaap (van al die hot flushes :blush: )...het daar nog niks gebeur nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109286 by Cornel
Sjoe ek raak sommer hartseer as ek weer julle stories lees............watse paaie en draaie ons nie sal loop om daai wonderlike ervaring te beleef nie.

Jooste hier is my storie:Ek woon tans in die Congo ~ 2006 getroud,2007 gaan van pilletjie af (sjoe nou kan ek nie die naam onthou nie) 2008,swanger vir die eerste keer,reel allerhaas vliegtuigkaartjies want nou moet ek by 'n dr of genie uitkom.....Die dag van die afspraak het ons in Bloem rond geloop,ek het net ewe skielik besef ek het 'n vreeslik groot pieps,by die badkamer gekom en gesien alles is rooi(sorry tmi),dis nog te vroeg om by die gynie uit te kom so ek wag nou maar.....toe ons by die gynie kom toe het die fetus alreeds op 6 weke gesterf.........

2009,raak toe weer swanger.........kry vreeslik blaas infeksie(blaas het letterlik soos 'n bal gevoel),gaan dr toe trek bloed ~ uitslae ~ bloedtelling is presies die helfde minder as wat hy MOET wees....gaan gynie toe,doen sonar,sien dis net die vrugsakkie wat daar sit met al die selletjies binne,maar intussen het ek al lieflike AF gehad.......uiteinde gaan vir 'n skraap.

2010,Jipee ons is weer swanger!!!!!!! Ek sit weereens hier in die congo!!!!!!!! Alles gaan goed,begin pyne kry oor my maag en lae rug gedeeltes,partykeer tot so in my lies........bel gynie in SA ~ hy se dis ligamente wat rek........pyne raak toe so metter tyd beter,maar toe kom die vrees.....ek begin met 'n bruinafskeiding (sorry tmi) vir (2) dae toe raak dinge erger......

Vlieg SA toe gaan sien die gynie....doen sonar,sien toe dat die fetus in my buis gaan vassteek het.......gelukkig het my buis niks oorgekom nie......

En ja dis ek!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109283 by Slakkie
Jooste jy moet ook 'n ticker kry sodat ons updated bly met jou siklus. Hier ken ons almal mekaar se siklusse :-) watter CD is jy nou?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109280 by joo~ste
Driekie:
Ek het nog 1 pakkie Clomid op my voorskrif. Ek moet dalk ook my apteker vra of hy nie vir my Fertomid wil gee vir die volgende rondte nie.

Cornel:
Nope...nie op FB nie. My man is daarop en ons kuier sommer saam met al ons vriende daarop. Ek gebruik dit egter baie baie min.

Ansa:
Ek is trots op jou! Ek sal ook alle naarheid met 'n smile vat!

AFM:
Ek hoop ook dat ek binnekort by julle kan aansteek. Ek is so siek en sat vir dai blerrie tannie wat altyd so klokslag op CD27 haar opwagting maak.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109278 by Slakkie
Jooste my storie is ook nog nie suksesvol nie. Probeer ook nou al oor die 2 jaar was in Junie vir 'n histeroskopie en laporoskopie alles is fine met my ek het net 'n retroverted baarmoeder so myne tilt agteroor waar dit gewoonlik vorentoe wys wat gewoonlik nie enigsins 'n probleem kan veroorsaak met ttc nie maar manlief se morfologie is net 3%. Sooo ons plan is om IUI te doen.

Ek het die IUI met my man bespreek want ek wou dit die maand doen maar hy wil nog so maand of so wag, ek het eerder nie my toys uit die kot gegooi nie maar was maar so bietjie in my siel ongelukkig en maar besluit om dan nou maar te wag wat help dit om te baklei om dit nou te doen dan plaas dit net nog druk op die hele situasie. In die geheim hoop ons eintlik ook maar dit gebeur natuurlik maar daar is wonderlike drs wat kan help. Na watter fs gaan julle?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 3 weeks ago #109272 by Driekie
Hehehehehe Ansa - lag ek nou te lekker!!!!

Hi Jooste - welkom!!!
Om jou my agtergrond te gee...baie deurmekaar siklusse wat Yasmin uitgesort het maar toe ek dit ophou om swanger te raak is die probs nog erger waar ek sommer oorslaan...na ek dink 4 of 5 maande se clomid verander ek toe op my apteker se aanbeveling (omdat dit finansieel beter sou wees)na Fertomid 50mg en daai maand toe raak ek swanger met my seuntjie wat nou 2 is..

Nou 2de keer...Desember tot Februarie missing AF en dok gee my toe Primolut N..ek verander gynaes want my ou gynae is traag om die oorsaak op te spoor...Nuwe gynae vra my hele hele pedigree oor vrouens in my familie omdat hy niks fout kry nie en so sit hy my op 3maande Postoval na als stabiliseer gee hy my weer 50mg Fertomid en die keer het ek op die tweede siklus s'n swanger geraak en dis nou 15weke later

So is elkeen van ons se stories dit wat ons hier gebring het en bymekaar hou...sooooo BAIE BAIE WELKOM en ek glo jy sal gou "aansteek" en jou BFP sommer gou kry!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account