More almal
Weer terug by die werk, nie lus nie, maar moet maar LOL
Anje, stunning sonar fotos en dis 'n bewys dat baba D hier is om te bly!!
Ansa, sooo bly julle het een gesonde baba. Ek dink die geval van jou word "vanishing twin" genoem, veral oor jy praat van die vrugsakkie gaan net geabsorbeer word. Het julle 'n foto gekry?
Hoe gaan dit met al die ander dames en fairies?
My naweek het al vroeg begin, sommer Donderdag. Jayden het heel dag by my ma opgegooi en sy magie het gewerk, kon toe mos nie plek by 'n dokter kry nie. En my voete het erg geswel. Gaan Donderdagnamiddag gou hospitaal toe om my bloeddruk te toets, daar maak hulle 'n groot issue van ek moet nou ER toe gaan dat dokter my kan sien. Result - niks ernstig en hulle het oorreageer.
DH se neef en vrou het kom kuier Saterdag, en Saterdagoggend word ek met 'n BANG wakker gemaak - DH kom van nagskof af, en is histeries, want ons een kat le buite en hy weet nie wat is fout met hom nie. Bel die veearts hier op sy noodnommer (let wel so 07h45), nee se hy, sy deure maak eers 9uur oop dan sal hy eers kan help. Wie se ons kat sou dan nog lewe

DH jaag toe deur na die ander dorp se veearts, hy se die kat het gif ingekry en sit kat toe op drip. Sal vandag hoor of kat nog lewe. Maar ons swart kat is ook al van Saterdag af weg...so ons vermoed hulle is vergiftig

Mag daai wetter wat dit gedoen het baaaaaie bad luck he!!!
Ek voel vandag heel goed, al probleem, my voete swel sommer al vroeg, en ek sukkel al klaar om skoene aan te kry en selfs my trouring sit al styf

Gynie het laat weet ek moet suiker en stysel uitsny, en baie groen eet, soos komkommer en slaai en groente. So ek is ook op 'n gesonde eetstyl nou, hoop dit help !!!