More more girls, ek het nou alles opgevang van Donderdag middag af. Information overload. Kom ons kyk wat ek onthou.
Dankie vir almal se ondersteuning die afgelope paar weke, ek dink julle het die tyd baie meer draaglik gemaak vir my.
Ella, ek is baie opgewonde oor julle IVF volgende maand, maar vir jou part ook jy word swanger voor die tyd, dan het jy meer geld om te spend op baba.
Lalie, sterkte met die gym ding, dit kan net help.
Hie Tanasha, welkom welkom welkom !! Ons hoop jy steek sommer vinnig aan by ons BFP groepie !!
Marie, ek is bly alles het goed gegaan met jou scan. Ek is so bly vir jou. Wat sy jou ma, sy was mos saam? Het julle almal nou laat weet dit is ‘n seuntjie?
Klippie, aggenee man, my hart bloei vir jou, ek het so hard geglo dat hierdie jou maand is. Moenie hoop verloor nie, miskien het daar ‘n goeie spermpie sy pad deur gevind. Vat ‘n dag af en spoil jouself, jy het dit regtig nodig. Ek bid vir julle.
PS: Ek was self al by daarde patoloog om bloedtoetse te trek, en ek stem hulle is baie onpersoonlik en onhigienies. Ek is bly jy het gekla oor hulle.
Ai G, jammer oor jou woef, kan jy voel nie te lekker daaroor nie. Miskien help dit as julle vir sussie ‘n nuwe woef kry.
Ansa, ek se maar weer, ek is regtig bly vir julle, jammer oor die tweede enetjie, maar ten minste is daar 1 gesonde baba. Baie Geluk !!
Ankia, hoop jou naweek by Dikhololo was heerlik !!
Happy, baie bly dat dit goed gaan met baba. Een van die dae is sy / hy hier !!