More more dames,
Ek vermoed ek gaan weer besig wees, so ek wil net hallo se.
Marie, wow, jy dra klein vir 16 weke, ek lyk omtrent so op 10 weke.
Hexy, bly om te hoor jy voel darem bietjie beter wat die naarheid aanbetref.
Hi Ansa, ek het al gese, maar ek is baie bly vir julle. Donderdag is darem nou baie nader.
G, het op fb gecomment, maar De Nys lyk soos 'n regte bulletjie !! En wow, jy het al klaar jou magie terug, dis great.
Hello aan almal anders.
Wanneer gaan Klippie vir haar IUI nou weer?
AFM: Gister se naarheid het gister aangehou tot ek gaan slaap. Ek was sommer vroeg moeg ook. Ek moes ook gisteraand 'n foto neem, maar was te moeg, sal dit maar vanaand doen. Hehe, my man is gisteraand lekker wakker gehou deur ons een yorkie, toe kla hy vanoggend hy is moeg. Ek se net dankie, want sy pla my gewoonlik in die nag. Ek het vir 'n slag lekker geslaap, maar glo dit of nie, ek is nogsteeds moeg. Nog net 2.5 dag om verby te kry, dan sien ons weer vir baba. whooohoooo !!