So hier gaan ons weer, ek hoop ek kan nog alles onthou:
Morgs, sjoe ek is baie bly vir jou part dat AF opgedaag het. Wat 'n verligting ne.
Marie, ek love jou 3d pic, ek dink ek wil ook so vroeg een he. Ek stem ook saam dat mens baba kamer sommer vroeg 'n seuntjie kamer moet hou.
Hexy, ek hoop jy word genooi vir die onderhoude, baie sterkte !!
Charlaine, jy moet versigtig weer girl, miskien moet jy maar dok gaan sien net om seker te maak alles is reg.
Beertjie, oe dis nie lekker nie, dankie tog jy is ok. Hoe voel jy nou?
Happy, ek sien uit na jou baby bump pic.
G, ek sien ook uit na nuwe pics van De Nys. Hy is seker al 'n bulletjie. Hoe gaan dit met jou nig en die 2ling?
Ek gaan seker nou nou nog goed onthou en sal dan kom post.
AFM: Was heelnaweek simptoomvry, het begin dink daar is fout, het gistermiddag weer effens naar geword. Het heerlik gekuier saam vriende heel naweek, alhoewel ek Vrydag nie baie uitgesien het daarna nie. Ek het ook nou nie juis noemenswaardige simptome vandag nie, effens naarheid, effens opgeblaas, maar dis dit. Ek slaap bietjie sleg in die aande deesdae en het mos nie veel tyd gehad vir middag slapies die naweek nie, so is lekker moeg vanoggend. Ek sien baie uit na my scan Donderdag, maar is bietjie benoud ook. Die week moet nou net verby vlieg !!