Hi almal!
So jammer ek is so MIA, maar dit was 'n hiper dol week en dit eindig op 'n hoe...baie nat noot! En nee....my water het nie gebreek nie

'n "valve" van 'n geyser het gebreek en 'n deel van ons huis was onder water. Ons moet 'n mat vervang in een kamer en die gelamineerde hout vloere in die gang en die studeerkamer het skade. En dan...het baie van ons hout meubels met hulle pote in die nat gestaan en nou sal ons maar moet sien of daar skade is soos wat die dae aangaan.
Ai (sug)...wat 'n storie.
Dit gaan andersins goed met my en daar is nie klagtes nie. My pens groei...en groei...maar selfs na 33 weke van swanger wees - voel dit nogsteeds met tye onwerklik dat dit uiteindelik gaan realiseer. Kan sommige dae so duidelik herleef en onthou hoe ek geworstel het met TTC, en dan vryf ek oor my maag en kry trane in my oe oor hoe dinge vir ons verander het.
Ek is effe agter met al die posts, maar sal opvang deur die loop van die week. Wil net se dat ek baie aan julle dink en al kom ek deesdae min hier, is ek so positief elke keer as ek inlog dat ek 'n BFP van iemand gaan lees. Ek glo dit vas!!