× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #86601 by klippie
Wat se nuus is daar van Ankia en Lalie?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86599 by Ansa_S
Klippie jy moet dit as 'n enkel dosis drink. Ek is op 100mg fertomed en die papier se as jy 100mg moet drink moet jy die 2 pilletjies saam drink!

Hierdie naweek was heerlik!

Ek en manlief het vrydag bietjie by ons Landbouskou rondgeloop, glad nie wat wonders nie, maar hy het my bederf met die mooiste silwer ring!

Daarna het ons ietsie gaan drink en eet by Khaya Kwa, so nice pub buite die dorp en terwyl ons daar sit toe se hy ek moet gou bel en hoor of ons nie by my vriendin hulle se plek teen die Kransberge kan boek vir die naweek nie!

So saterdag toe hy van werk af kom het ons die bakkie gepak en opgery berge toe! Dit is asemrowend mooi daar en doodstil, net ek en hy op die plaas in 'n helse huis!

Het heel naweek vuur in die kaggel gemaak, wyn gedrink en mekaar geniet!

O ja en die van julle wat weet van my en die skoonfamilie se onderonsie laas week, raai wat toe ons gou saterdag daar stop om 'n gholfstel af te laai, toe is skoonpa kat vriendelik en skoonma maak of daar niks fout is nie! TIpies!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86597 by klippie
Ja Anje, dis by die nuwe FS - die 2 vroue. Intussen is ons het by DH se internis gewees om te kyk dat DH se pille nie inmeng met sy swemmers nie ens....maar sy dr sê alles is reg. Ek gaan sommer Donderdagmiddag na hom toe - hy sal 'n sonar doen om te kyk vir follies. (Gelukkig nie 'n interne sonar nie). Hy druk sommer die ding op my maag, hy sê as die follies daar is, sal mens dit kan sien. So ek weet nie of hy dit sal kan tel en meet nie, maar is mos nie 'n ginekoloog nie, hy help net uit tot ek die FS kan sien. Solank ek net weet daar is follies.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86593 by klippie
Dankie M2M, ek het myne nou apart gedrink, dalk is dit hoekom ek so aaklige mens geword het!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86591 by Lia
HI Klipper, lekker om van jou te hoor. Sjoe dis opwindend !! Is dit by die nuwe FS? Die plek met die twee vroue? Maar wanneer begin jul vakansie dan? Kan jou nie antwoord oor die Clomid nie, toe ek dit oor meer as 'n jaar terug gebruik het, was ek net op 50mg en dit het my niks gemaak nie, alhoewel my man oortuig was, ek was meer buierig, so dit is dalk moontlik.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86588 by Mommy2Monster
hi klipster! dink nie dis nodig om die clomid te drink soos jy dit doen nie. Ek moes die vol hoeveelheid op 'n slag drink. En dis baie beter om dit in die oggend te drink ek't baie beter gevoel...die kere toe ek dit in die aand gedrink het, het ek nie daai maande swanger geword nie...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86584 by klippie
Hallo Anje! Bly dit gaan goed. Kan nie wag tot Donderdag nie - jy moet dadelik kom post! Alles sal fine wees!

Arme Hexy!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account