× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #86583 by klippie
More dames!

Uiteindelik is my internet weer reg! Whooppie! Ek het soveel gemis, sal maar so tussen deur die gesprekke probeer opvang.

Marie - geluk, ek sien jy is ook nou al verby die 12 weke merk!

Afm: My volgende FS afspraak is 20 Augustus - op CD1. Intuseen was ons by DH se dokter, ek het gevra hy moet clomed gee vir hierdie maand, net sodat ons nie 'n maand "mors" nie. So ek is op 100g clomed. Blikemmer, maar dit maak my kwaai! Drink ek dit verkeerd - ek drink 50g in die oggend en 50g in die aand?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86582 by Lia
More more dames,

Ek kom groet net gou. Het nie alles ontvang nie.

Marie, baie geluk, ek is baie bly alles het so goed afgeloop. Kan nogal dink die nuwe babatjie het nou groot opgewondheid veroorsaak.

Wow Mommy, jy is so klein !! Jy lyk pragtig !! Ja nee, lyk boeta sit, hoop hy sit nog so week of wat. Ek is baie bly vir jou dat dit beter gaan met hierdie swangerskap as die vorige een.

Ooooh Ansa, dit klink heerlik !! Kom vertel as jy tyd kry.

Pais, lekker om van jou te hoor, hoop jy kan nou weer meer gereeld in log. Jy moet asb. jou baby bump kom post hoor.

Ag nee Hexy, is jy nogsteeds naar? My vriendin wat tweeling dogtertjies gehad het was vir die eerste 6 maande naar, sy se coke wat die gas uitgehaal is het gehelp. So, miskien is daar twee daar binne...fxfxfxfxfxfx.

Ok, ek weet daar is 'n paar girls wat die week dr gaan sien, Marie en Hexy is die twee wat ek kan onthou. Ek dink daar is nog iemand, maar kan nie onthou nie, miskien is dit Dassie. In elk geval, almal wat hierdie week dr gaan sien, geniet dit !!

AFM: Ok, ek werk net tot Donderdag middag 13h45, sien dan dr en dan weet ons wat gaan hier binne aan. Ek begin nou eers regtig opgewonde raak. Moet myself keer om nie te ver vooruit te droom nie. Ek het gisteraand weer pyne in regter lies gehad, glo maar dit ligamente of iets. Lae rugpyn kom en gaan, maar dis hanteerbaar, nie te seer nie.

Hoe gaan dit met al die ander girls? Is daar iets wat ek gemis het? Ek gaan so 20 min hier wees, dan moet ek aan die werk spring.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86577 by Mommy2Monster
marie, eks bly die partytjie was 'n sukses! Ek sê ook dankie tog die net 1x 'n jaar! Die jaar hou ons my monster se b-day partytjie so half en half saam met die doop, dit gaan meer 'n familie partytjie as 'n maatjie partyjie wees. ek gaan die keer net goed skooltoe stuur...way minder stress as laas jaar.

ek is op so dag tot dag basis bier by die werk, maar het besluit om amptelik vrydag klaar te maak. ek't 'n rustige werk (vir my altans) en lees wetenskaplike verslae en skryf kommentaar daarop en ek neem omgewings besluite op ontwikkeling in ons distrik...al wat ek nie nou doen nie is om uit te gaan na die bou sites toe - stuur my junior kollegas uit om dit te doen vir my.

oja en die ander rede waarom ek nog werk is oor ek so klein (en glad nie ongemaklik) dra en ek voel of ek nog min 5w kan loop so gemaklik en rustig is boeta.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86572 by Ansa_S
More almal,

Oe my man het my bederf die naweek, ons het saterdag uitgery na 'n plaas toe hier op die Kransberge en daar gebly vir die naweek! Was hemels en ons het dit vreeslik geniet!

Sal later meer vertel moet nou eers bietjie werk!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86556 by sexy~hexy
More almal

Jammer ek was so skielik MIA verlede week, het net besluit ek bly by die huis want die naarheid was net te erg. Sal maar sien hoe gaan dit vandag...voel sover goed :)

Marie, bly jou partytjie was 'n sukses :) Kom post so een of twee fotos hier ook ag toe man.

Hoe gaan dit met al die ander? Ankia en Lalie, enige teken van AF? I HOPE NOT :angry: LOL

Leka daggie vir almal :kiss:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86554 by marie r
Môre dames.

Hoop almal het 'n wonderlike naweek gehad. Hoe gaan dit met almal vandag?

AFM: My naweek was rof, maar dit was tog lekker gewees. Eduan se partytjie was 'n groot sukses gewees en die mense het omtrent gekuier. DIe laaste mense is die aand half 9 weg en die partytjie het 10 uur die oggend begin. Ek was later gedaan gewees, maar gelukkig verjaar hy net 1 keer 'n jaar. Het foto's gelaai op facebook.

Het toe nou vir ons familie en vriende gesê ons is swanger en almal was so excited. Nou kan hulle nie wag om te hoor of dit 'n boeta of sussa vir Eduan is nie.

Mommy, jou magie is darem maar nog klein vir 38 weke. Wanneer hou jy op met werk?

Paisley welkom terug. Hopenlik gaan jy nou gereeld weer saam met ons chat.

Ansa, hoe was julle naweek toe. Sien of facebook iets van die berge?

Lekker dag vir almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #86551 by Mommy2Monster
More julle oulike girls!

hoop julle het 'n heerlike naweek gehad.

Ek is vandag 38w swanger en dis basies 2 weke langer as my vorige swanger skap!!! ek gaan wragtig nog full term gaan!

Ek dink nie klein Liam het al gesak nie en die BH is ongemaklik.

Ons baba kamer is amper klaar, ek sal fotos neem sodra ons klaar is en dit kom post!

Hier is 'n foto van my pens wat ek laasweek (vrydag) geneem het...37w4d....
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account