× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #80476 by Ansa_S
Ai Marie ons God is groot! So bly als is reg en hartkloppie is sterk!

Morgan ek moet se met die Provera het ek eers na 7 dae 'n behoorlik siklus begin kry, so ek glo nadat ek vir 5 dae liggies gespot het so ek dink dis hoekom die clomid nie so lekker met my gewerk het nie!

Met die Primolut N het ek presies vanoggend na 3 dae begin en behoorlik begin, so nou weet ek die siklus is reg en kan ek sondag begin met die Fertomid!


O hel ek sal sooooo bly wees as ek die maand swanger raak, ek is sommer al klaar opgewonde! Ek gaan dan sommer my dokter 'n vet soen gee as ek hom dan moet gaan besoek! Nie dat hy nou juis na die vriendelike tipe lyk nie, maar ek gee nie om nie ek sal hom maar vasdruk!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80474 by sexy~hexy
Ag Marie, dis GOEIE nuus :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80472 by ChaNa
Hi marie ek is baie bly vir jou en baba se part..geweet julle is oraait.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80471 by marie r
Sexy ek sien iets van die moontlikheid van 'n tweeling. Kan nie wag om oor 2 weke te hoor of dit so is nie.

Charlaine, dit lyk goed. Hou styf duime vas vir jou.

Ansa bly AF het nou opgedaag. Nou kan jy weer begin met jou PVA en hierdie keer GAAN DIT WERK!!!!!

Morgan, Carli is so pragtig en dit lyk asof sy 'n ou engeltjie is. Ek dink ook as ek 'n dogtertjie het sal ek nooit stop om klere te koop nie. Want daar is net sulke mooi dogtertjie klere & 'n mens kan hulle so nice aan trek.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80469 by Morgan
So bly marie, daai is n lekker vinnige hartklop... ek raai maar dis n dogtertjie!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80465 by marie r
Hallo Julle.

Jammer ek kom nou eers hier uit, maar ek het eers 11:30 terug by die huis gekom van die dokter af.

Alles is reg met Baba. Hartklop is 167bpm & baba is 2dae groter as wat hy/sy moet wees. Die bruin afskeiding kom van die nageboorte wat nog nie heeltemal geskuif het of so iets nie (nie veel geluister nie, het net baba se hartklop gesoek). Hy sê ek sal nog bruin afskeiding hê maar solank ek nie pyn het nie is dit nie nodig om bekommerd te wees nie. Dokter is baie tevrede met alles verder.

Alle eer aan ons Hemelse Vader. Nou kan ek rustiger raak & probeer ontspan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #80464 by Morgan
Ansa Dr Roodt is nie mal oor provera nie hy se met dit weet mens nooit wanneer begin mens se siklus nie, so hy gee maar altyd Primoult N

So ek en jy het die selfde PVA... hoop rerig joune werk ook eerste keer!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account