× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 2 months ago #78915 by marie r
Anje het dit al begin insink? Ons het ook eers gewag tot die 1ste scan en toe die belangrikste mense ingelig. Ons vriende en ander familie gaan die nuus kry met Eduan se verjaarsdag partytjie oor minder as 2 weke. En dan kan die wêreld maar weet.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78908 by Lia
Hi Drix, sien nie foto nie, maar baie dankie !!

Charlaine, ons gaan so rukkie wag, wil net eers eerste scan doen en dan sal ons die belangrike mense vertel.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78862 by Driekie
Ai nou wil die foto nie post nie - sal nou weer probeer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78861 by Driekie
ons probeer weer

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78858 by Lia
Ansa, ek kan jou nie antwoord nie, my siklusse was nog altyd ongereeld, maar die laaste een waar ek provera moes drink was die heel eerste een wat so lank was. Moenie te veel daaroor bekommer nie. My haarkapster se altyd, speel die "glad game", soek in elke situasie iets waarvoor jy dankbaar is en fokus daarop en nie op die negatiewe nie. Bv. Ek is "glad" dat daar darem drs en medikasie is wat my siklus weer kon laat begin, Ek is "glad" daar is pilletjies en inspuitings wat my kon help om swanger te raak (Hierdie 2 voorbeelde is natuurlik in my eie geval). Jy kry die idee, mens plaas partykeer te veel fokus op die negatiewe en verloor dan die klein goedjies waarvoor ons dankbaar moet wees. Glo my, ek weet hoe die onsekerheid mens kan opvreet. Sterkte jong, wees net sterk. Skies, ek lees dit nou en dit klink bietjie soos preek, jammer, ek meen dit goed.

Hexy, ek is definitief opgewonde, maar nie so erg soos ek gedink het ek sou wees nie, se mos, dink dit moet nog insink.

Marie, baie dankie, dis so waar stukkie. Waardeer dit baie, soms belangrik om daaraan herinner te word.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78856 by Driekie
Middag almal!!!!!

Het n vreeslike rowwe dag by die werk!!!Sal nou nou oordentlik chat!!

Cornel - al wat help is fybogel vir my maag..probeer dit as jy hier is!!
Tienka - se boeta is so oulik!!!!!!!!!Lyk nes sy mamma!!!
En daaai boepie van Paisley is die mooiste!!!!!!

Anje - geen twyfel jy is preg - baie baie geluk!!!!!Ek het ook so sooibrand gekry wat ek nooit kry nie en nou is dit my beste maatjie!!En kyk hier hoe't my toets gelyk en ek is preggy - geen meer twyfel - die hormone is sky-high!!!!!

Ons was mos deur vir die troue - en ja ons het die hele family gese - en WOOOOOOOOOOW - die reaksie was priceless, veral my pa s'n en my oupa!!!!!!!!!!

Verder is ek bly om te hoor dit gan nog hunky dory met almal!!!!!!Chat nou weer belowe!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #78852 by Strik*kie
Wow Marie, dis so waar eintlik, ons worry nog steeds oor als en eintlik het ons Hom gevra om te help.
Baie nice baie dankie hoor!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account