Hi Julle ek het hierdie in 'n e-mail gekry. Net gedog ek wil dit met julle deel. (Jammer maar dit is bietjie lank)
( Skrywer: Onbekend)
Het jy al ooit vir jouself inni spieël gekyk en gewonder 'wie de flenter is jy!?' Well. It happened to me a few days ago. Staan op, stort, trek aan ens ens. Toe ek voor die spieel staan lyk ek vir myself nie so lekker nie. Neeeee. Dit was nie oor my broek te styf gesit het of my hare nie te hot gelyk het nie! Iets het net vir my laat besef ek's seriously besig om myself te fool!
Daar staan ek elke oggend op, all holy and spiritual en al daai lekker dinge! "Here, ek gee vandag vir U, seën dit asb... Tralalala. En Here, ek werp al my bekommernisse op U, want ek's nie sterk genoeg om dit te dra nie. Blah blah blah" Jy ken seker daai gebedjie. Anyway. Ekke staan so vir myself en kyk inni spieel en besef net dat as ek regtig sooo vreeslik op die Here vertrou om my crap uit
te sorteer Dan moet ek dit genuinely let go! Al die dinge wat my gees so onrustig maak, meeste dinge wat lankal geïdentifiseer is!
As ek regtig die Here vir iets vertrou, moet ek dit 100% vir Hom gee, en myself eintlik in die posisie sit sodat ek nie Anders kan as om Hom te vertrou nie. Om afhanklik van die Here te wees is om onafhanklik van jouself en die wêreld te wees ! Jou salaris, jououers, jou wat ook al!
Soms is dit nodig om in die diep Kant in te spring en te vertrou dat God jou sal uit trek. Dit sal ook slegs gebeur as jy dit met jou hele wese (hart, siel EN KOP!!!) doen!
Anders, what's the use of jumping in the deep side and trying to survive on your own! Die branders sal jou soos 'n slap vel rondgooi, teen rotse vasslaan en AS jy daar uit kom, Dan kom jy met 'n klomp gebreekte bene en bloukolle daaruit en het eintlik nogsteeds niks bereik nie. Nie waar nie?
Jare terug toe ek by CUM gewerk het, het ek en 'n gereelde klient een aand bietjie gestaan en gesels. Hy se toe vir my, die Bybel sê werp jou bekommernisse op die Here. Nie gee jou bekommernisse vir Hom nie, werp dit op Hom.
Hy verduidelik toe dat werp 'n volleyball term is.
Dit is om iets van jou af weg te stamp - buite jou eie bereik. As jy net jou bekommernisse vir God gee, Dan kan jy dit terug vat (want Dan's dit nog in jou bereik), maar as jy dit werklik op Hom werp! Wow! Dan's dit'n bewustelike besluit wat jy maak om dit verewig te let go.
Want jy stamp dit Dan weg van jouself af - buite jou bereik, sodat jy dit nie terug kan vat nie.
Nou, my liewe vriende en vriendinne, ek sukkel my morsdood met die een! Dis MOS baie makliker om self te sit en worry oor iets as om te erken jy kan dit nie self hanteer nie. Joyce Meyer het op een van haar programme gesê: "to worry is a manifestation of pride ."
Nou, kyk gou net na al die goed waaroor jy daagliks 'worry'. Toe, dink gou.
Daar's nogal 'n hondhuis vol Klein goedjies, né? Die Here HAAT trots! Gaan lees net so bietjie Daniel se stories. So, deur te sit en 'worry' oor iets (maak nie saak hoe groot of Klein nie) wys jy eintlik vir God dat Hy nie goed genoeg is om jou probleem te hanteer
nie. SJOE, ja, ek weet. Heavy stuff, NE? Well, it's true, think about it.
Om werklik op die Here te vertrou, bid in volle geloof ! Sê vir God dankie vir alles wat Hy in Sy Woord aan jou belowe het. Dankie vir wat Hy nog vir jou gaan doen. Dankie vir al die 'tests'waardeur jy nog gaan gaan. Dankie vir swaarkry, dankie vir sukkel,dankie vir voorspoed, dankie vir die feit dat jy kan hoor,sien, praat,voel, sommer net dat jy jou groottoon kan beweeg elke oggend as jywakker word !
Julle, God stel belang in ons karakter, nie jou goody-2-shoes houding en valsheid nie. Dis hoekom ons getoets word,hoekom ons soms sukkel met goed, hoekom ons nie altyd ons sin kry nie,hoekom ons soms in moeilike situasies gegooi word by die werk of by die huis, hoekom ons soms victims is van iets aakligs. Nie sodat die Here 'n kick kan kry uit ons swaarkry nie, maar om ons te slyp! Nerens inni
Bybel staan dat 'n kind van God dit maklik sal hê nie.
Onthou dat jy nooit deur enige iets gaan waar Hy nie saam met jou gaan nie. As jy huil, huil Jesus saam met jou! Jy's Sy kind! 'n Prins, 'n Prinses! Prys God vir elke situasie waarin jy jou bevind! Sien dit as karakter vorming. Sien dit as 'n tydperk waar jy bietjie meer soos Jesus kan word! Dis 'n voorreg om deur so iets te gaan saam die Koning van alles en almal! Dit maak dit glad nog nie lekker nie, maar wow, what a privilege to know that God cares enough about you to shape you after His own image!
Julle, nog 'n klein ietsie wat tannie Joyce gese het.
You can't have a testimony without a test. otherwise you will only have the mony's. *hehehe* So true, né?
Gaan lees iewers vandag Jakobus/James 1 (veral vers6). My gebed is dat elkeen van ons sal leer om God toe te laat om ons
te shape, dat ons as mans en vrouens van God kan opstaan waarin ander Jesus in ons oë kan sien!