Hallo aan almal, ek is so bietjie agter, want ons het weereens nie internet by die werk gehad nie. Dit suck !!
Hexy, ai jammer oor die Wimpy diens, jy moet hulle sommer op hallo peter gaan verklaar. Kan dink julle sien nogal uit na sussie se kuier. Geniet dit hoor !! Jammer ons gaan ongelukkig nie Gold Reef kan in pas nie, dis die laaste naweek wat ek het om my kombuis goed terug te pak, dis nou te se as die kombuis hierdie week wel gaan klaar kom. Dankie vir die naam, ek is mal daaroor, maar ml wil weer niks weet nie. Ek kry net nie ‘n naam waarvan hy hou nie.
Nelria, jammer oor die weer jong, maar glo Sudwana gaan stukke beter wees. Dankie vir jou advies, ek waardeer dit baie !! Elke bietjie help. PS: Jy is die tweede persoon wat Zoe voorstel en hmmmm, ons oudste yorkie is Zoe, maar dankie vir die voorstelle. Ek dink amper Morgs is nog in Pietersburg, sal graag wil kuier, tyd raak nou min vir my.
Ella, ek het jou gemail, maar ek is saam met jou opgewonde en bid saam met jou vir twee strepies net voor Kersfees !!
Hi Pais, jy moes laat weet jy is in die omgewing vir baby expo, dank on ons gaan koffie het. Sjoe, die nuwe karretjie is ‘n groot bederf, geniet dit !!
Karin, geniet jou verjaarsdag viering vanaand !! Aag cute, ek is so bly julle scan was beter as die laaste ene. En baie bly om te weet sy, is nog ‘n sy !!
Ankia, ek weet nou nie of ek iets gese het oor die phodies wat jy geneem het nie, maar dis beautifull !! Jy mag maar.
AFM: Gaan goed hier, sien baie uit na die vakansie, het ‘n paar dol naweke wat voorle, maar alles die moeite werd, na Desember is ek al baie nader aan die einde en ek weet nou nog nie of ek keiser of normaal gaan nie, sal maar met dr praat met volgende afspr.
Julle moet ‘n wonderlike week he !!