More almal
Sjoe...die Maandag het gouer gekom as wat 'n warm mes deur botter kan smelt

Regtig waar, ure en dae raak nou net 'n blur...dis snaaks hoe dit so voel as mens by hierdie tyd van die jaar kom.
Hoop almal het 'n lekker naweek gehad? Wel ons het mos Saterdag weer Jayden se partytjie by Wimpy gehad

Diens was pateties, het gewag vir kos, toe is die kos pateties, twee hamburgerbuns was gemuf, die kelnerin het 'n attitude, maar ons het hulle goed laat verstaan wat ons van als dink. Op die ou einde het die Bestuurder ons vir 'n paar goed nie laat betaal nie LOL Sal more fotos kom post van sy Spongebob koek, moet net die kamera se kabel onthou.
DH het gister gewerk, so ek en J was net rustig. Hy begin nou die ure aftel, want sy sussie wat hy 6jr laas gesien het klim vanaand op die bus en dan is sy more-oggend hier

En Woensdag/Donderdag ry ons Sasol toe vir die photoshoot Saterdag.
So julle dames moet laat weet indien julle dalk wil kom hallo se by Gold Reef City, glo nie ons gaan erens anders heen toe kan gaan nie...
Wonder hoekom is Morgan so stil???
Lekker daggie vir almal...