More almal
Eerstens - welkom Del...op hierdie groepie sal jy 'n ondersteuningsnetwerk kry soos nerens anders. Al hierdie dames hier het 'n storie om te vertel, so voel vry om vrae te vra en opinies te gee!
Dit gaan beter met Jayden. My hart is net so seer, lyk my die lumberpunch het maar sy spiere bietjie seer gemaak, hy wou nie regtig loop, en as hy loop het hy so gebukkend geloop

Hy was nog bietjie koorsig gister, maar vanoggend toe ek voel toe is hy darem nie. MAAR...lyk my die kopseer en koors is 'n voorloper vir duitse masels. So dit moet ons nou dophou.
My skoonsus het vanoggend vir my gemail en laat weet skoonma-hulle het self laat weet hulle gaan nie meer saam gaan nie

Kan julle sien dat ek happy is?? LOL So nou moet ek en DH ook net dinge uitsort, was gisteraand sommer weer moerig vir hom oor als.
Het ook gisteraand bietjie donderweer en so paar druppels gehad, maar moet nog kom REEN REEN. Weer vandag bewolk, so ek hoop regtig dit kom sous sommer gou.
Gister nie veel opgevang, so hoe gaan dit met almal?