Hi Julle,
Jammer ek "intrude" op jul groepie.. Eks "next door" by Feb 2014 mommies

Ek volg so nou en dag wat hier ook aangaan.. PS Stella, baie geluk met jou swangerskap! Ek en jy het saam miskraam gehad in Meimaand en was albei in Des 2013 groep. Gelukkig het ons darem nou beter verjaarsdae vir ons kleintjies
SANTIE, ekt gelees van die toetse wat jy dalk nou moet doen. Die fetal assesment scan gaan niks kan optel as die 'n chromosoom afwyking is nie, dit is waarvoor die bloedtoetse daar is, hulle interpreteer die bloed wel en vat dit van daar af.. maar jy weet dit seker. Wat ek wel wou kom se is dieselfde as wat Justine opgebring het.
Ek woon in die Kaap en het my 12w en 20w sonars by fetal assesment gehad. Daar het die sonograaf BAIE in detail vir ons verduidelik wat ons opsies is indien bloedtoetse terugkom met iets soos wat nou met jou gebeur het. Amnio is verseker nie jou enigste opsie nie. Die ander toets wat Justine van gepraat het was ook voorgestel vir ons. Enige iemand kan dit laat doen, nie net mense wat "high risk" swangerskappe het nie. Die enigste probleem is dat die toets vreeslik duur is - R8000 en jou medies gaan dit heel moontlik nie cover nie.
Die belangrikste is: Dit is non invasive. 'n gewone bloedtoets, maar toets die DNA en gee ek dink 'n 99% akurate uitslag. Nie net 'n 1:2000 of so nie.
My gynae het toe ook op 23 weke met ons gepraat oor die toets en is baie "vir" dit.
Hier is die link na fetal assesment se website waar hul die toets verduidelik:
fetalassessment.co.za/?page_id=619
Ons sal NIE die toets laat doen nie, aangesien daar nie iets opgetel was in my sonars of bloedtoetse nie. No reason for concern. maar ek dink wel as ek in jou posisie was, sou ek daarna gekyk het. Weereens dit is VREK duur en natuurlik bly dit julle besluit.
Ek het al 2 miskrame gehad en was by 'n fertiliteits kliniek om swanger te raak met hierdie babatjie, so ek begryp die erns van die saak.
Vra jou ginekoloog bietjie uit hieroor en hoe die twee vergelyk.
Sterkte!
xxx