Middag Dames
Sjoe maar jul is aan die gang die laaste twee dae. Ek neem aan almal terug by die werk. Hoop jul het n baie voorspoedige en rustige jaar.
Jul Aliens lyk beautifull.
Ek was so bietjie stil het vanoggend eksamen geskryf. Vreeslik gesukkel om te leer want ek raak erg duiselik in die oggend. Kom agter ek dihidreer. So moet baie vloeistof drink na ek wakker geword. So ja, darem nog net twee eksamens oor. kan nie wag nie. Swanger wees, voltyd werk en leer is nie maklik nie.
Het vanoggend nog bo alles n siek word sessie gehad, my tweede een deur die hele tyd so weet nie of dit senuwees was nie.
baie dankie vir die heads up op die special. Dames jul moet kyk op takealot vir doeke. Ek het vandag my bestelling ontvang, wat ek so twee weke terug bestel het. die Nr 2 op pampers sensitive vir 78 dink ek is normaal weg oor die R200 by checkers, (weet nie van babycity nie) ek gekoop vir R150 n pak. Regtig die moeite werd as jy opbou soos ek om te koop.
Ek wil nie n baby shower he nie, so ek kan lekker opbou en koop van alles wat ek graag wil he.
Jul gister gepraat oor wat om te koop en hoeveel van alles. Hierdie is n interressante page wat riglyn gee van wat om te koop.
www.pregnancyweekbyweek.co.za/2009/06/what-to-buy/.
Lekker daggie almal