heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #254421 by Andie
Replied by Andie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sjoe, julle klets so baie, ek moet hier sit en notas maak sodat ek kan onthou vir wie ek wat wil sê!! :P

Irene, daai plek vra maar R550 vir die huur van die monitor vir 3 maande. Eintlik soek ek net die monitor gedeelte, nie so erg die breathing pad nie. Dink nogal dit sal mens paranoid maak, soos Twinkle gesê het.
Sover het ek net seker gemaak by my medies dat my hospitaal op hulle DSP lys is, hoeveel/wat hulle cover in hospitaal en watse cover die baba sal hê as sy dalk moet NICU toe gan. My dokter het vir my vertel een van haar pasiente se babatjie moes na 7 dae in die NICU Tygerberg toe geskuif word want toe wil die medies nie verder betaal by Panorama nie. Ons het darem gelukkig GAP cover ook ekstra wat tot 500% mediese fonds tariewe betaal, so dit wat die medies nie dek nie, sal hulle betaal. So ek is geheel en al sorted vir die hele hospitaal storie.

Twinkle, jy moet tog die tannie wat jou goedjies gemaak het se kontak besonderhede vir my stuur. Ek sal moet gordyne kry, besef ek nou met 'n skok!! Miskien ook net hoor of die Soft Spot meisie dit kan maak.

Hbwoman, stuur vir my jou e-mail adres dan forward ek vir jou Soft Spot se pryslys. Jou medies is baie cool. Familie van my was ook daar op. Hulle is ook die ENIGSTE medies in SA wat dekking het vir infertility. Maar dis n closed scheme, so enigiemand kan nie sommer net daar aansluit nie.
My dokter charge elke keer net vir 'n konsultasie alhoewel sy elke keer 'n scan doen. Die enigste scans wat ons voor moet betaal was die 12 weke fetal assessment en nou die 20 weke ene. En dit kan ons darem terug eis by die medies.

Ilse, daai goggatjie is baie cute!! Is dit een van daai goedtjies wat die sterre/prentjies in die dak maak in die donker kamer?

Ek haal my hoed af vir julle lapdoek-mammas. Ek sal dit nooit kan doen nie.

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago - 11 years 8 months ago #254417 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Met die lapdoeke het ek uitgevind op die facebook groep mens moenie al die doeke een soort/styl koop nie - elke baba is anders en elke mamma ook iets wat sy bo iets anders verkies. Die Facebook groep is South African Cloth Nappy Users en mens leer verskriklik baie daar! Lagogies ook daar :) Ek gaan maar 2 of 3 van elke soort kry en sien wat werk die beste. Die doeke het goeie herverkoopwaarde (Facebook groepie daarvoor ook) so mens verloor niks deur dit so te doen nie.

Toemaar Ilse, ek ook nog nooit regtig geval voor swangerskap nie, maar nou al 2 keer gedurende. Oujaarsaand in 'n gat getrap en knie stukkend geval, en Sondag deur 'n draad geklim waar ek al maande deurklim (ons heining net half klaar...) en skielik trip ek oor die draad en val op my rug. Baba darm nog okay maar mens stress jong! Hulle sê mens is meer van balans af gedurende swangerskap...

O gats, my laptop battery klaar en nounet gehoor die plaas se krag gaan tot more af wees, so chat seker eers more met julle almal!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254414 by Bona Dea
Replied by Bona Dea on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Hi dames

Sjoe, dis so lekker dat ons groepie darem lekker gesels - die April groepie is nou maar eers by 17 bladsye se gesels.

Irene (ek dink) - ek het geval by die werk toe ek in die gebou wou ingaan. My regtervoet het aan my linker broekspyp vasgehaak toe ek by die 2 trappies wou opgaan. heeltemal 'n frats ongeluk, hoe gebeur so iets en ek het beslis nog nooit in my volwasse lewe geval nie.

Baie dankie vir die komplimente oor die kamer. Ons het die stickers by Builder's gekoop, daar kort nog blommetjies en vlinders wat ook saamgekom het, moet dit nog plak.

Dankie vir die tip oor babyclub MO. Toe ek nou in die hospitaal was het ek ook gratis Pampers doeke gekry. Dis die enigste doeke wat ek sover het, want ek wil ook graag die lapdoeke gebruik - na watter soort kyk jy?

Hb - nog nooit van jou medies gehoor nie, maar hulle klink baie goed! Wanneer gaan julle weet of julle "gauteng toe kom?

Ons het in Sep of Okt by 'n skou die Snuza babamonitor gekoop. Ons plek is ook nogal groot, so het beslis een nodig. Maar pappa het gevoel dis nodig om die video monitor te kry - dis net vir hom om mee te speel :silly:

My man dring mos aan op 'n shopping uitstappie elke keer na 'n besoek aan die dr (nie dat hy ophou koop tussen-in nie). Maandag het babatjie hierdie persent gekry, te cute en pas ook nou so mooi by die kamer met sy gogga-tema.




Hier is ook 'n foto van die beddegoed wat ek sover het wat ook by die tema pas.

Ek: 35
ML: 35
Dogtertjie: April 2015
Pretoria
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254410 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Sjoe, ek het nou so baie gelees ek kan nie onthou vir wie wou ek wat sê nie! Dankie vir die inligting oor daai dodgy plek se goed (ek dink Andie?) lol my geheue swak, ek werk nou al voltyds freelance op verskillende projekte so my kop omtrent vol, maar ek voel baie geseend om die werk so in te kry om te spaar vir kleinding :D

Dankie vir die inligting oor Soft Spot! (Sorry, kan nou weer nie onthou wie nie!) Ek wou self beddegoedjies maak, maar hulle goed is soooo mooi ek mag dalk net my mind change!

Ilse, jou kamer lyk bitter mooi! Baba gaan by ons in kamer slaap, maar ek dink daaraan om die muur te doen waar haar kot en goedjies gaan staan. Ek wil haar beddegoedjies in dieselfde kleurskema as ons beddegoed maak, en dan kan ek die muur 'n bypassende kleur verf en bietjie decals opsit. Dink dit sal goed pas :)

Wil ook net sê, ek weet nie hoeveel van julle weet nie, maar vir die van julle wat weggooidoeke gaan gebruik, gaan registreer op www.thebabyclub.co.za dan kry jy 'n goodie bag met 'n gratis pak Pampers size 1 doeke en 'n pak wipes in. Ek het ook sommer geregistreer, al wil ek lapdoeke gebruik gaan 'n pak klein Pampers handig inkom!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254407 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
IreneL - ons is by Camaf. Hul diens is amazing, bietjie aan die duurder kant, maar worth it. Ons is regtig bevoorreg met hul want so maand voor jy kraam stuur hul jou n goodie bag, met n nappy bag en die baby sense boeke ens. Kyk daar is n limit tot wat hul sal cover, maar in my oe as hul die helfte of volle produk dek dan bly dit n bargain. Onder ons plan kan ons ook net 4 scan terug eis (as als normaal verloop) maar verlede week toe se my dokter dat hy charge ons net tot op die 20 weke scan en dan moet ons net die konsultasies betaal na dit, maar hy scan elke keer wat ons hom sien en dis elke 4 weke. Was stom geslaan want was bereid om te betaal om kleintjie elke 4de week te sien. So al my scans en dokters ondersoeke is tenvolle gedek tot kleintjie kom.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254405 by Hbwoman56
Replied by Hbwoman56 on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ilse- kamer is beautiful. Mal oor jul lig decor. Well done aan jou "decorator". Myne is darem ook al geverf en ons sal die wall art doen nader aan die tyd. daar nog n kans dat ons Johannesburg toe trek voor kleintjie hier is. So wil nie nou teveel doen voor osn weet wat gaan aan nie. Ons het ons kot ook darem al verlede jaar gekoop by Mr Price Home. Soek nog chest of drawers.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://daisypath.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago - 11 years 8 months ago #254404 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Wow HB, watter medies dek dit?? Flippen nice, dalk moet ek ook uitvind.

Andie, ek dink ek moet ook net by my medies uitvind wat hulle alles cover - watter vrae het jy vir hulle gevra?

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account