heart Mei/Junie 2015 Mammas!

11 years 8 months ago #254225 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ja nee, ek stress darm nie te veel oor die blou kot nie :) Sal nou nie 'n pienk paleis wil maak nie! Eerder 'n blou kot vir 'n dogtertjie as 'n pienk een vir 'n seuntjie. My man is in elkgeval nie heeltemaal oortuig oor die dogtertjie uitslag nie, want sy suster het met eerste scan gehoor dit is 'n dogtertjie en met tweede scan toe sien hulle dit is 'n seun. Blykbaar die boudjies se lyntjie gesien met die eerste scan, maar ek het 'n mooi "potty shot" met die boutjies en al in, so ek is oortuig! :P Wat is julle opinie? Ek het die shot aan...
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254213 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
MammaO, 'n blou kot kan mooi werk! Mens hoef nie als pienk te doen oor dit 'n dogtertjie is nie. Ek gaan myne se kamer mint verf, kot wit hou en dan die beddegoed verskillende kleure.

Andie, ek het gedog daai ander vroutjie doen weer die scan maar toe ek die dag voor die tyd bel om my scan te bevestig, hoor ek dis Dr Linnie Muller self. Ek dink sy doen die "groot scans"...of dit kan wees oor die ander vrou op vakansie was. Either way, party mense het vir my gese Dr Muller is kwaai ens, maar ek het haar glad nie so ervaar nie! Sy was vriendelik en professioneel. Sy is nie van daai OORvriendelike dokters nie, waarvan ek elke geval nie hou nie.

My babatjie le met haar gesig agter my naeltjie / plasenta / so iets, so kon niks op 3D scan sien van haar gesiggie nie, ai!! Haar voete le wel waar ek die bewegings kan voel, so dis def haar voete wat ek voel. Maar ja soos ek se sy is baie klein, met party mates is sy 'n week agter (maar dis nog normaal), so daai voetjies en lyfie nog bitter klein. Sien uit na my scan op 23 Januarie want sal wil sien hoe sy groei. Die laaste twee scans of wat het sy ook nou nie mal tekere gegaan nie, waai net handjies en beweeg voetjies effens - maar sy het wel gehik met verlede week se scan, was regtig oulik om te sien, shame!

Oor die doeke, ek wil graag van daai bokse doeke gaan koop by Baby City, mens mag glo ook by hulle omruil as mens moet. Maar ja dis waar dat mens by ander mense ook doeke gaan kry. My man se vriende gaan eet altyd uit as een van hulle vrouens 'n baba gaan kry, net voor baba kom, en dan is dit hulle tradisie om vir mekaar ook doeke te gee :p

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254212 by Lagogies
Replied by Lagogies on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Lekker om v almal te hoor :)

Ok ek het julle vertel hierdie bulletjie skop baie lekker....lol nou moet ek hulle vertel. My kat le op my maag as ek swanger is. En gisteraand toe kat sy le kry het mannetjie omtrent lekker geskop. Vir die "radio"op sy maag. RoFL

Este welkom. Babas het slaap en wakker tye en hulle slaap baie, so skoppies is maar min. Ook voel jy meer as hulle groter is, waar jy nou meestal voel as jy rustig in die bed is ;)

Me: 42 low AMH
DH: 50 all well

2012
IUI #1 BFN
Nov 2012 IUI #2BFP! M/C 7 weeks
2013
IUI #3, #4, #5, #6
IVF #1 Sept 2013 BFP! 4 weeks So Blessed! Oct 2013 10 weeks no heartbeat. Evac. Heartbroken
2014
IVF #2 IUI #7 IVF#3 IUI #8 BFN
IUI #9 Sept 2014 BFP!!!!! 4 weeks. Thank you God, you have answered our prayers
28 May 2015 Little Boy born.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254208 by Andie
Replied by Andie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Flippen hel, ek sien nou my ticker sê 146 days to go!! Dis scary hoe vinnig die tyd verbygaan!

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254207 by Andie
Replied by Andie on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
More julle!!

Voorspoedige nuwe jaar vir julle almal!!

Ek is terug by die werk vandag en dit voel asof ek nooit eers weg was nie :(

IreneL, ek het ook gewonder oor die doeke koop storie. Kyk maar na die gewigte op die pakke. Ek het 1 Jumbo pak No1 gekoop en 1 Jumbo pak No2 en van daar af No3. Ek dink amper No1 se gewig is 2 - 6kg en No2 se gewig is 3 - 7kg en No4 is 4 - 8kg. Of so iets. Punt is, die gewig oorvleuel baie. Plus mens gaan tien teen een nog doeke kry by die baby shower ook en mense geniet mos maar om newborn goed te koop. So in my opinie is dit beter om die groter sizes self te koop en dan na die babyshower te kyk wat jy nog nodig het.
Ek gaan ook volgende week terug na Linnie Muller toe. Maar ek weet nie of sy of die ander dametjie my 20 weke scan gaan doen nie.

Baie geluk aan die boetie babatjies!! Lyk darem of ons 'n mooi mix het in ons groepie. Op 'n stadium gedink almal gaan pienk wees!!

Alles gaan goed met ons. Ek is al 19 weke, maar voel nog niks. Gynae sê my plasenta lê aan die voorkant van my baarmoeder, so dit absorbeer al die bewegings soos 'n spons. Sal tien teen een eers hier van 22 weke af iets begin voel.
Ons het ook al verf gekies vir die babakamer (pienk en grys) en sal seker so by volgende naweek begin verf. Ek moet net nog die laaste paar goedtjies in daai kaste van ontslae raak. Ek het ook reeds 'n cot, compactum, nappy bin, bad en sulke goete wat my suster vir my gegee het. En ek het defnitief reeds besluit op beddegoed. So ek vorder mooi.

O ja, ons was mos die 5de vir 'n scan by my gewone gynae en als lyk baie mooi. Is defnitief nog steeds 'n dogtertjie. Dr sê sy het 'n lang lyf. Sy het gelê met haar gesiggie amper agter my heupbeen weggesteek, so sy is soos haar ma, hou niks van fotos nie. En lê ook boude in die lug.

TTC since January 2009

IVF #2 September 2014 - BFP!!!!

Fertility Specialist Dr Thabo Matsaseng (Tygerberg Hospital)
Gynecologist Dr Marie Pienaar (Panorama Hospital)

File Attachment:
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254206 by MammaOlifant
Replied by MammaOlifant on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Ai julle maak my sommer jaloers met die kamers en kotte verf! Ons het net 1 slaapkamer, so baba slaap in die kamer by ons (kan dalk 'n babahoekie verf!) en ons leen 'n blou kot by iemand wat ons nie mag verf nie... Vir 'n dogtertjie! Ek kan darm beddegoedjies maak, sal maar pienk maak met blou in, en kan darm beter met blou speel vir 'n dogtertjie, as pienk vir 'n seun ne...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 8 months ago #254205 by IreneL
Replied by IreneL on topic Mei/Junie 2015 Mammas!
Oukei dankie vir die raad julle, ek gaan julle posts sommer copy en paste sodat ek weer daarna kan kyk as ek confused raak :laugh:

Baby #1:
BFB 21 Sept
Born May 2015

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account