More julle!!
Haffie, ek dink daar is min mense so paranoid soos ek... My simptome het ook maar basies laas week begin en ons het 'n laaaaaang paadjie gestap om tot hier te kom, so dit was maar vir my moeilik om te glo hier gaan regtig iets hier binne aan as ek dan niks kan voel nie. Kan ongelukkig nog niks raad gee oor naar wees nie, want ek het nog steeds niks nie, maar my man het nogal vanoggend gemention dat ek baie irritable is. Maar ek dink hy oordryf.
Nunu, klink vir my ek en jy het sover dit nog die maklikste jong!!

Ek's bly alles verloop nog sover mooi glad vir jou. En een van die dae is jy ook alweer in die double digits ne!! Tyd vlieg regtig erg vinnig.
Ilse, hoe het die groot reveal toe gegaan? Wie het eerste die t-shirt genotice? Ek hoop jy voel darem weer vandag beter as Vrydag?
Lagogies, ja ek is in die noordelike voorstede in die Kaap. Hoe vorder dinge daar by jou? Enige nuwe simptome?
Ek is vandag presies 6 weke!! En oor 'n week gaan ons vir die eerste scan!! Ek kan absoluut nie meer wag nie. Ek dink hier is net enetjie hier binne, maar die res van die familie dink altwee het gestick. So ja, ek weet hier gaan iets aan en alles is OK maar die vraag is HOEVEEL?
Nog niks nuwe simptome wat ek kan agterkom nie. Ek
dink ek het Vrydagaand so 'n vlagie naar oor my gevoel kom, maar dit was weer so vinnig verby dit kon dalk iets anders gewees het. My ma sê sy het altyd in die aand siek geword en nooit morning sickness gehad nie, so mens weet nooit. Miskien is dit my voorland.