More julle!!
Ilse, bly jy voel soveel beter. Ek bly maar solank weg van babawinkels af, want ek ken myself. Enigiets wat klein en oulik is kan ek nie resist nie, selfs daardie mini-botteljies poeier of room is vir my cute!!
Nunu, ek het skoon vergeet van Tygervallei se ding!!

Maar ons sal defnislis ook Baby Expo toe gaan einde van die maand. Nie seker of ons iets sal shop nie, want dis nog baie vroeg, mar gan defnitief loer.
Lagogies, bly om te hoor die naarheid is darem nie so erg nie. Ons hoop dit hou so aan.
AFM, ek het toe Vrydag weer gegaan vir betas..........
906!!!!
Ek was absoluut stomgeslaan. En my suster wil haar doodlag want "Ek het jou mos gesê altwee gan klou!!" Ek is nog steeds nie seker ek glo daar is tweetjies hier binne nie, maar at least glo ek darem nou dat ek swanger is

Vandag bel ek rond om iewers n afspraak te probeer kry vir 'n 7 weke scan. Ek kan defnitief nie wag tot middel November om te weet wat hier binne aangaan nie!!
O en die enigste ander simptoom wat ek het behalwe die moegheid en honger, is uiteindelik seer en geswelde borste. Maar nog steeds nie eers so seer soos dit kan raak voor AF nie, so ek kla nog steeds nie!!