Hi julle,
Sjoe, dit is hectic met 2 kinders, veral as jy alleen is...

Gelukkig slaap hulle altwee nou, so ek het bietjie tyd vir myself!
Deja - hoop jy geniet jou werk! Baie geluk - ek weet jy sal 'n sukses maak!
Chanz - ek het draadjies gehad toe ek 24 was. Ek het my altyd dit erger voorgestel, maar dit was nie so erg nie! Ek het klink my dieselfde probleem as jy. Ek sal weer moet gaan dat hulle weer die draadjies agter my tande sit, want ek moet inplantate kry. Hulle het my verstand tande uitgehaal, maar moes nie, want daar is nou te veel spasie in my mond...So my tande sal weer skuif!
Tanz - bly dit gaan goed. Jammer oor die Probleempie - ek hoop maar oor 4 maande is alles reg en dat julle kan probeer vir nr 2!
Lizel - Luwan het maar sy dae! Soms is hy soeter as ander. Ek kom agter die dae wat hy besig is met aktiwiteite is hy soeter, maar vandag was ons die heeldag op straat en vanaand het ek gedink ek kan nie meer nie...
Edrich en Luwan het gisteraand deurgeslaap... Dit was lieflik, behalwe dat my borste 6 uur wou bars... Ek het het gewens Edrich wil wakker word!!! Hy raak nou oulik! Gesels en lag baie!! Hy is stroopsoet, behalwe as hy honger is. Hy is al so in sy roetine... Hy bad 18h00 in die aand, en so van 10 voor 6, begin hy kerm, maar sodra ek hom neersit op die tafel en die badjie met water bring is hy stil!! Hy drink dan weer so 18h30 en dan gaan dux hy! Gewoonlik word hy so teen 2h00 wakker maar hy het nou 2 aande agter mekaar nie wakker geword nie!
Ek het vir nou teen die kleuterskool besluit!! Ek sien as ek die stimulerings program met hom doen, dan is hy 'n ander kind! Hy soek steeds maatjies, maar hy het baie hier in die kompleks! Ek is ook 'n agent vir die Little1 program, so gaan loer bietjie deur op hierdie link te kliek
store.little1.co.za/default.aspx?affiliateid=7 Daar is ook baie ander oulike goedjies op die website. Ek verkoop ook nog steeds Acornkids! Laat weet my as julle in iets sou belangstel!
Mooi week vir julle verder!!!