Ok girls, het met Dr. Pentz gepraat, behalwe my ongereelde siklusse en my 1 polisistiese eierstok, is ek heeltemal normaal. Dr se as ek nou weer op CD 1 is moet ek hom skakel vir medikasie om te help swanger word en om baba te hou, maw clomid / generies en progrestoroon.
My man is bly maar effens ongelukkig, want ons het progrestoroon met laaste een begin drink toe ek skaars 3 weke swanger was en dit het nie gehelp nie. Dis vir hom moeilik om te verstaan dat moontlik was daar maar net fout met beide swangerskappe, wat nie een van ons se skuld was nie, natuur het sy gang gegaan. Die statistieke se 1 uit elke 4 vrouens het 2 miskrame voor 'n gesonde swangerskappe en ons is seker maar 1 van daardie 4. Maar ml is darem positief en reg om weer te probeer.
Dr Pentz het wel voorgestel dat omdat ek geneig is om swak bloedsloop te he dat ek 'n kwart disprin moet begin drink.
So daar is dit, ons gaan weer vir 'n pil baba probeer.
Ok, so wat drink julle almal en wanneer - ek meen nou soos folic acid, staminogro ens.