file Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 5 months ago #10516 by Lia
Ansa, ek stem saam jou man, as nie een van jou vorige BFP's deur die stokkie opgetel is nie, moet jy maar dokter bel en bloed laat trek. Sterkte, laat weet ons wat se hy.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10515 by Morgan
ansa onthou dit het vir my ook lank gevat voor n HPT dit kon optel!

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10513 by Ansa_S
My man is lekker vies vir my omdat ek die piepstoets glo. Hy se dit het nog nie een van my swangerskappe opgetel nie en nou glo ek in die stront!!!

So ek het nie 'n keuse as om die dokter te bel nie, want dokter moet in elk geval die hele proses monitor vir volgende maand. al is ek nie swanger nou nie moet ek nogsteeds bel! ai jai jai

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10507 by G Baby
Hallo Hlise welkom hier,ek is 31 weke 3 dae swanger met 3e kind.
My dogtertjie is 4,my seuntjie is 2.
MY laaste twee gaan 2.5 jaar verskil en dis nog 'n seuntjie.

Hoop jy is ook binnekort swanger!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10502 by Lia
Hi Hlise, welkom hier by ons. Ons is sommer 'n klompie Afrikaanse girls wat almal probeer swanger raak, party op pille en inspuitings, ander iui en ivf ens. Onder aan elkeen se bdskp in lig grys behoort jy elkeen se storie te kan sien.

Ek en my man probeer nou al vir ons derde jaar, 2 MC's (Miskrame), albei op 10 weke. Ons het so paar maande nie ge TTC na ons laaste MC nie, maar het Des 09 weer begin. Ek was Jan by FS (Fertiliteit Spesialis), het nou al 'n klompie toetse ens. agter die rug en wag nou net vir die uitstlae van ons genetiese toetse. FS het gese hy sal dan my eierstokke begin stimuleer en voor jy weet is ek swanger, so ek sien baie uit !!

Hoop jy kry sommer gou jou BFP !! Sien uit om saam met jou hier te kuier. Moet jou waarsku, ons praat oor alles en nog meer hier en party dae gaan die bladsye nogal vinnig en ander dae weer rustig.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10498 by Ansa_S
Hey Hlise, ek is Ansa.
Getroud verlde jaar sept, probeer van nov 2009, miskraam desember, en miskraam nou februarie gehad.

Is nou op pregnyl behandeling, moes saterdag begin het, wag nog vir AF. Huistoets negatief. Sal as af begin pregnyl en clomid gebruik.

Ons sukkel nie om swanger te raak nie, 2 keer in 3 maande se tyd swanger, maar verloor baba elke keer op net 5 weke.

Hoop jy kry gou jou bfp!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 5 months ago #10476 by Hlise
Dit is fantasties! Die laaste paar weke is erg maar tog so kosbaar. Geniet dit! Ek en my man is nou net so oor die 2 jaar getroud en was voorheen geseën om so vinnig swanger te raak. Sal maar sien wat die keer inhou. Ek weet baie mense sukkel die tweede keer en ander is weer vinnig. Ek sal dophou om te hoor hoe dit gaan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account